Abdy van Lerins

Tweede in ‘n reeks van twee

Tien minute se stap van die klooster af, staan hierdie – ja, fort is die woord wat dit beskryf.  Die omhulsel meen ek is redelik modern, dalk 150 jaar oud.  Die binne is Middeleeus.  Hier het soldate in die onderste gedeelte gebly en bokant hulle, monnike.  Dit was gebou na ‘n aanval van Sarasene uit Andaloesië uit, ‘n geskiedenis van ongelooflike wreedheid.  Die kwesbare monnike is man vir man vermoor en die skreeëry, is gesê, kon van Antibes gehoor word, 80 kms. verder die kus op.  Hierdie geskiedenis het later tot die Middeleeuse Togte teen die Muslims in Jerusalem tot gevolg gehad.

Die binne van die fort

Wat sterk by my bly, is die ervaring van die Kruis in die katedraal.  Dit word Christ Suriant genoem –  die Christus wat glimlag.  Daar bestaan blykbaar nog vier sulke figure in Europa. 

Christ Suriant 

Die invloed van hierdie twee kloosters – vir monnike en nonne – was groot in Frankryk en elders.  Vandag is Ste Margeurite grootliks ‘n hawe vir seiljagte.  Ek sal nie kan sê of daar nog nonne daar is nie. 

©  Willem

www.loertoer.wordpress.com

Bridgewater, Somerset-Wes

Mei, 2023 

My foto’s, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.

Leave a comment