Monthly Archives: June 2013

Die Franse Weerstand

Dit is nie opvallend in die Côte d’Azur nie, maar hier en daar sien mens tog die eerbetoon aan die vegters van die Weerstand tydens die besetting van Frankryk deur die Nazis vanaf 1940 tot 1944 –  ‘n skool vernoem na ‘n Weerstandsleier, ‘n straat, ‘n ereplaak, ‘n standbeeld en, in Nice, ‘n museum.

Avenue Martyrs de la Resistance

Avenue Martyrs de la Resistance

Wanneer jy met mense hieroor praat, verdonker die gesig: die besetting was ontsettend wreed, maar dan was daar ook die samewerking.  ‘n Student van die politiek by die universiteit van Aix kyk my sinies aan.  “Moenie glo dat die hele Frankryk die Weerstand ondersteun het nie.”  Die roman Les Bienveillantes (2006) deur Jonathan Littell, vertaal as The Kindly Ones, sabel  oop die Franse, asook die hele Europa, se graad van samewerking met die Nazis.  Maar vandag word die Weerstand tog nasionaal en internasionaal verëer – die paar duisend dappere manne en vroue.

Reliëf in Cannes

Reliëf in Cannes

Herdenking van Baron Buchet.  Die lasste drie reels dui sy einde.

Herdenking van Baron Buchet. Die lasste drie reels dui sy einde.

Albert Camus se boek Die Pes, onlangs in Afrikaans vertaal deur Piet de Jager, wys op die konfrontasie van medici met ‘n pestilensie wat die dorp van Oran in Algerië oorval.  Dat die verhaal ‘n metafoor vir die Nazi-besetting is, is welbekend. “Ons is almal betrokke,” sê die hoof karakter.  Na die Oorlog is daar duisende hofsake oor die samewerkers en heelwat teregstellings.  Dit is ‘n bitter geskiedenis.  Die woord “hensoppers” aan ons kant laat ons nie neutraal nie, soos die film “Verraaiers” getuig.

Weerstandsmonument, Antibes

Weerstandsmonument, Antibes

Ek staan in die gedenktuintjie in Villefransch-vesting by die see.  Voor my is die foto van Jean Moulin (1899 – 1943).  Hy was die leier van die beweging totdat hy in aanhouding gemartel en vermoor is.  ‘n Mooi gesig, sterk en teer.  Die Candide in my vra, Wanneer eindig dié dinge?  Die seemeeue lag maar.

Jean Moulin (1899-1943)

Jean Moulin (1899-1943)

© Willem v.d.Walt

http://www.loertoer.wordpress.com

Julie, 2012

Beelde: Willem

Keramiek – die Werk van Seo Byung-Ho

Rina, vyf jaar oud, vind dit blykbaar koddig dat ek die klassie die maande van die jaar leer deur middel van die Kaapse lied “January, February, March”.  Haar pa nooi toe vir my uit om sy studio te besoek.  Hy is ‘n pottebakker van formaat wat ook ‘n leidende rol speel met die uitstalling van Suid-Koreaanse keramiek in die buurlande.

Van die werke uitgestal

Van die werke uitgestal

Byung-Ho (die van is Seo) neem my die studio deur.  Gou sien mens hoe veelsydig hy is:  van die werk is beeldhouwerk en ander, liefdevol tradisioneel, tradisies wat millennia strek.

Tradisionele ontwerp

Tradisionele ontwerp

'n Werk wat geboorte uitbeeld

‘n Werk wat geboorte uitbeeld

Hy verduidelik dat teepotte wat hy maak, is ‘n swart klei wat slegs in een oord in China voorkom.  Hy is ‘n derde geslag Katoliek en meen dat die eeu-oue kuns van die Boeddisme ‘n groot invloed op sy ontwerpe het.

Chinese teepot

Chinese teepot

Met ‘n skelm glimlag sê hy dat hy die swart skaap in die familie is:  sy broers werk almal vir die reuse korporasie Hyundai.  Vir maande daarna gee ek hom Engelse lesse, maar ek leer meer by hom oor aspekte van Koreaanse kultuur as wat hy by my leer.

‘n Ete met Seo Byung-Ho

‘n Ete met Seo Byung-Ho

Pryswennende Potte

Pryswennende Potte

Toe ek na ‘n jaar terugkom Suid-Afrika toe, skenk hy my van sy werk.  Dié staan nou op my eetkamertafel uitgestal, toe onder die herinneringe.

Werk

Werk

Seo Byung Ho

Seo Byung Ho

© Will v.d.Walt

www.loertoer.wordpress.com

Augustus, 2007 – Junie 2008

%d bloggers like this: