Eerste in ‘n reeks van drie
Waarom hou ons soms van triestige, sommer droewige liede? Om hieroor te spekuleer kan ‘n openbaring wees. Ek skryf al jare lirieke in die Blues vorm en ek poog om ‘n breë omvang van gevoelens en temas te bereik – liede wat snaaks is, wat bitter is, triestig, stout en sinies. Daar is ook gewyde lirieke. Ek deel hiervan met ‘n knyp kommentaar.
Ontmoeting
Hier by die Styx-rivier
Ontmoet ek weer vir jou
Ek hoor jy’t hom gelos
Maar sal jy my onthou?
Ons het goed saam gelewe
Ons was sommer saam geweef
Maar as jy nie onthou nie
Sal ek jou vergewe
Dalk is die triestigheid hier te doen met verbrokkelde verhoudings in my lewe, mense wat ek nie kan vergeet nie. Dat dit by die Styx-rivier gebeur, verleen diepte, meen ek – dis nie sommer ‘n verbygaande oomblik nie. As daar nog waardering vir die vrou is, is dit blywend triestig.
© Willem
Bridgewater, Somerset-Wes
Mei, 2023 (24)
My liriek en grafiek, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
In ‘n misrabele woonstelkompleks in Hatfield het ‘n ou tannie daglank en kliphard fado-plate gespeel. Eers nou, ‘n leeftyd later, verstaan ek dat dit haar moes getroos het…
Interessant, laat mens nogal wonder.