Die triestige lied

Tweede in ‘n reeks van drie

Ek het die mite van Ariadne ‘n bietjie omgekeer.  Sy verleen hulp aan Theseus wat die Minatourus dood, hy neem haar van haar vadershuis om met haar te trou, maar verlaat haar op ‘n afgeleë strand.  Dionusus sien dit, vlieg van Olimpus  af en neem haar terug met hom.  In my liriek is dit anders.  Ek laat verdere kommentaar aan die leser oor.

Ariadne

Ariadne sit op die strand en ween

Hoe verskil die trane

En die reën?

  Dionusus vlieg af soos ‘n seën

  “Los daai swyn. Hy’s gemeen.”

Maar sy’t reeds verdwyn

In die reën.

©  Willem

www.loertoer.wordpress.com

Bridgewater, Somerset-Wes

Mei, 2023

My liriek / grafiek, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers

Leave a comment