Begraafplaas Rabiac, Antibes

Eerste in ‘n reeks van twee

Ek weet nie mooi waarom ek belang in begraafplase het nie, dit wat ek in Korea gesien en dit wat ek per toeval op afgekom het in Antibes.  Dit is seker die geskiedenis.  En die verskillende benaderings tot die dood.  Daar is grafte van belangrike mense in Rabiac en daar is wel die geskiedenis.

Daar is vars blomme op party grafte.  Ander is deur droë jare verinneweer.

 

Daar is die alomteenwoordige monument vir die die Errste en Tweede Wêreldoorloë.

 

Daar is ‘n verbasende aantal Muslim grafte, die meeste uit die Eerste Wêreldoorlog.

 

Tussen Christen grafte is daar grafte van Jode.  Die groot gelykheid in die dood …

 

Hier is die monument vir die Harkis, the Arabe wat gekies het om aan die kant van Franse te veg in die laat 1950s toe Algerië die stryd teen koloniale regering gevoer het.  Toe Frankryk onttrek, vlug die Harkis Frankryk toe waar hulle nasate steeds is.

 

Die klein monument self.

19de-eeu familiekapelle in Rabiac.

 

Volgende week, die individuele grafte.

©  Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

September, 2021

 

My foto’s 

 

 

Leave a comment