Begraafplaas Rabiac, Antibes

Tweede in ‘n reeks van twee

Ek moet eerlik wees, daar was in Rabiac grafstene wat my dronkgeslaan het.  Maar, soos daar gesê word, kan mens nie oor smaak stry nie.

As mens mooi kyk, sien jy watter instrument hierdie geliefde in die orkes gespeel het.

 

‘n Groot hart vir groot liefde.  Ek het gewonder wat daardie dolk daar maak, maar dit is seker ‘n kruis.

 

Silwer blare op die graf

Ek vertrou dié grafsteen is net vir een persoon.  Treffend en oorspronklik.

 

Al vind ek hierdie grafsteen baie vreemd, is daar ‘n uiterse droewige implikasie hier.

 

©  Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

September, 2021

 

My foto’s

 

Die houer vir dooie blare in die begraafplaas

 

Leave a comment