Manjefieke obsessie

Eerste in ‘n reeks van drie

Ek het nog nooit so ‘n huis gesien nie. OM dit ‘n museum te noem, is om dit te beperk. Dit is die tuiste van my lewenslange vriend ND, in Rosebank, Kaapstad. Vir dekades al, was dit ‘n werf van meedoënlose versameling deur ‘n versamelaar met ‘n skerp oog vir wat werklik mooi is, raar en ongewoon. In die afgelope tyd praat hy en vrou van die huis verkoop, die versameling in (baie) kratte te verpak. Ek haas my toe om ‘n rekord van die plek te kry en in my haas is van die foto’s uit fokus uit. Tog deel ek wat ek van hierdie manjefieke obsessie het. Ek begin by die eetkamer.

En oral, die boeke, die boeke … ND was jare lank redakteur by verskeie uitgewers en het krywaens vol boeke huis toe karwei.

Hier sien jy die omvang van sy belange in leesstof in die agtergrond van hierdie koddige perdjie – The Oxford Book of Villains, (beduidend) ‘n boek oor versameling en Human Origins Reconsidered, ens.

Keramiek potte in die Japanese styl.

Ek vind die kontras tussen dié twee gelate fassinerend.

‘n Groteske gelaat.

‘n Mooi glasuur.

Interessante gravering.

Ek is nie seker nie maar ek meen hierdie stuk het iets met Neptunus te doen.

Jy kan seker wees hierdie objek het een of ander praktiese gebruik gehad, maar dit is nie vir daardie rede op ND se rakke nie.

Een van die mees merkwaardige stukke in die ganse versameling  –  die man in die wind.

©  Willem

http://www.loerotoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Junie, 2021

My foto’s

Met dank aan ND.

 

2 thoughts on “Manjefieke obsessie

  1. Toortsie July 14, 2021 at 7:24 am Reply

    Elkeen besonder mooi.

  2. Will van der Walt July 14, 2021 at 7:35 am Reply

    Hartlik dank, Toortsie!

Leave a comment