Abdy van Lerins

Eerste in ‘n reeks van twee

Al is dit ‘n aantal jare wat ek en Claudie die abdy van Lerins op die eiland St Honoré besoek het, sal die herinneringe nie vervaag nie.  Dit is vreemd om te dink dat hierdie klooster wat in die koers van 400 n. C. ontstaan het, so naby die glansryke stad van Cannes is, waar die wêreldberoemde filmfees die sterre en beroemdes lok.  Die monnike is toegwyd aan ‘n lewe wat net mooi die teenoorgestelde daarvan is. 

In die baai van Cannes is daar twee eilande vyftien minute se ry per boot van die hawe af.  Die een is St. Honoré en die ander Ste. Margeurite.  Hulle was broer en suster van waar Belgie vandag is wat vroeg tot die Christengeloof bekeer is.  Daarna het hulle die twee kloosters vir monnike en nonne gestig, minder as ‘n eeu nadat die geloof offisiëel in die Middellandse See aanvaar is.   Die eilande was ook deur die Romeine bewoon. 

  ‘n Romeinse sarkovaag

Oorspronklik is die kloosters Cistersiaans en vir ons wat vir ‘n paar dae daar gebly het, was ons etes in stilte gevoer.  Dit is vir die moderne mens vreemd.  Ons is so gewoond aan geraas en pratery.  Ek bieg dat dit nogal ‘n impak op my en Claudie gemaak het. 

‘n Bomlanseerder geplaas deur Napoleon

Ek het die eiland bietjie verken.  Daar was geboue veel ouer as die katedraal wat seker 16de of 17de eeus was.  Die wingerde het my aan die Boland laat dink.  Die monnike het wyn gemaak, ‘n tradisie wat seker veel ouer as die Middeleeue was.  En die likeur is lekker duur.  En daar, tussen die bosse deur, op die baai gerig, was die bomlanseerders wat Napoleon laat bou het. 

Katedraal

Ons het die Sondagdiens bygewoon.  Die monnike se dreunsang, seker Gregoriaans, was onvergeetlik.  Wat ons opgeval het, was die feit dat daar baie min jong monnike was.  Seker ‘n teken van die tye. 

©  Willem

www.loertoer.wordpress.com

Bridgewater, Somerset-Wes

Mei, 2023  

My foto’s, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers

Een van die geboue op die eiland, ten minste 1300 jaar oud.

Leave a comment