Molière – sêgoed

Molière  –  sy voorname was Jean-Baptiste  –  is in 1622 gebore en is in 1673 heen, ná ‘n skeppende lewe.  Daar is dié wat wonder of Molière nie ‘n reïnkarnasie van Shakespeare was nie, wat onder die Franse ‘n draai wil maak nie.  Watookal, was Molière een van die grootste dramaturge in die geskiedenis, met ‘n nering vir komedie.  En komedie, na my mening, is die moeilikste vorm van skrywe.  Hy was ook ‘n wyse man wat ‘n paar skerpes kwytgeraak het.  Hier is ‘n paar.

 

Dit steek my dwars in die krop om verkeerd te wees as ek weet ek is reg.

§

Ons sterf net eenmaal, en vir so lank.

§

Skynheiligheid is ‘n modiese ondeug, en alle modiese ondeugde kom as deugde voor.

§

Die mens, kan ek jou verseker, is ‘n gemene skepsel.

§

Mens moet eet om te leef, en nie leef om te eet nie.

§

Van alle dwaasheid is daar geen groter nie as die begeerte om die wèreld ‘n beter plek te maak.

§

Die plig van komedie is om die mens te wysig deur hom met humor te onderhou.

§

Die lewe is ‘n tragedie vir dié wat voel en ‘n komedie vir dié wat dink.

 

© Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

September, 2020

 

Bron

Goalcast

 

Beeld

Wikipedia 

 

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: