Château Grimaldi

Die eerste pos in ‘n reeks van drie

Vanaf 1297 het die Grimaldi-dinastie die septer oor die Côte d’Azur geswaai.  Dié familie, van die rykstes onder die invloedryke families van Genua, was pens en pootjies betrokke in die bedenklike magstryde van die Middellandse See.  Hulle het die Château in 1300 laat bou.

‘n 19de skildery van die Chateau op die kruin van die heuwel

Op die bus wat my verniet na die kruin opneem, ontmoet ek ‘n Suid-Afrikaanse paar wat my sê dat Nadine Gordimer, die Suid-Afrikaanse skrywer, hier ‘n strandhuis het.  In die straatjie op pad na die Château is dit die toring van die kerk St Pierre wat my tref.

Dié Château lyk meer soos ‘n kasteel met sy bolwerke.  En daar is rede.  Vir die eerste 250 jaar van die gebou se bestaan, was daar af en toe vyande van hier aangeval het, ‘n ou Provesaalse gebruik.

Die binnehuis van die Château is in die afgelope dekades opgeknap en ek moet sê dat ek dit nuut en skerp gevind.  Amper surrealisties.

Ek was verbaas.  In hierdie gebou was drie museums  –  ‘n museum vir die olyf wat soveel in die geskiedenis van Provence beteken het;  ‘n museum van relatiewe moderne skilderye oor die dorp Cagne en die omliggende landskap;  ‘n museum van werke wat die kabaretsanger, Suzi Solidor, uitbeeld, ‘n versameling wat sy aan die Grimaldi Stigting bemaak het.

Olyf Museum

Cagne-sur-Mer huise

Suzi Solidor beeldhouwerk

Skildery van Suzi Solidor in die déco styl deur Lempicka

Voeg by dat die inhoud van La Colette , die huis in Cagne waar August Renoir, die impressionis, sy laatse jare deurgebring het.  Hulle was besig om die sekuriteit van die huis op te knap.

Beeldhouwerk van Renoir

Renoir se werkswinkel

Renoir se beeld van Claudia

©  Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Augustus, 2020

 

Bronne

Michael Nelson:  The French Riviera  A history  (Matador, 2017)  

David Abulafia:  The Great Sea  (Penguin, 2011)

 

Beelde

My foto’s

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: