Mitasa Tempel

Die Tweede in ‘n reeks van twee

By die tempel (die navoegsel “sa” dui op “tempel” aan) wou ek foto’s neem maar die non het my belet.  Ek het dit verstaan.  Daar was, onder die goue Boeddha, foto’s van ‘n bejaarde dame en in daardie beperkte ruim sal die diens altyd intiem wees.  Nie so erg anders, val dit my op, as ‘n kapel in die Weste nie.

Daarna word ek na ‘n ander gebou geneem waar daar ‘n verassingstoring is.  Hier word die oorskot van mense veras, asook, sê sy my, hulle klere.  In die voorgrond sien jy hanari , keramiek bakke waar hulle kool met kruie stoor.  Dit word ghim-chi genoem en is meer populêr as reis.  Ek het van kindsbeen af kool gehaat, maar in Suid-Korea was dit vir my ‘n openbaring en baie lekker.  Interessant, meen ek hoe die toring van die dood en die volgende maaltye so ná aanmekaar voorkom.

Elke Boeddhistiese tempel het kunswerk en Mitasa was geen uitsondering nie.  Van hierdie beelde is grepe uit Boeddha se geskiedenis, maar ek weet min daarvan.

Sy wys my ‘n rituele bak, maar ek het nie gevra waarvoor dit gebruik word nie.

Dié ervaring by Mitasa is een van die hoogtepunte van my jaar in Suid-Korea.  Toe ek loop, gee die non met deernis vir my ‘n paar persentjies wat ek nou nog koester.

 

©  Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Augustus, 2020

 

My foto’s

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: