Mitasa Tempel

Eerste in ‘n reeks van twee

Ek lê ‘n besoek aan Bi-San-Ri af, een van die grootste begraafplase in Suid-Korea

Die struktuur wat mens daar anderkant sien, is ‘n afdak (hoe kan ek dit ‘n afdak noem?) vir ‘n Silla-klok van brons gegiet en wat seker uit die Drie Ryke-tydperk dateer ‘n duisend jaar gelede.  (Kyk ook:  Die Silla-Klok, http://www.loertoer.wordpress.com, 4.01.2019)  Bi-San-Ri self is ‘n moderne begraafplaas en elke persoon wat daar tot ruste gelê word, is veras met elke grafsteen identies.

Verder die heuwel op, stap ek deur die woud todat ek by Mitasa tempel uitkom.  In die Weste sou dit as ‘n kapel beskou word, maar daar is ‘n aantal ander geboue.  Hierdie plek, word ek later gesê, is deur Boeddhistiese nonne bewoon, mense wat ook die begrafnisdienste behartig.  Terwyl ek gulsig foto’s neem, nader ‘n klein knaap my en in gebroke Engels lei hy my na ‘n administratiewe gebou toe.

In ‘n kantoor ontmoet ek ‘n non – ek skat haar so dertig – en kort voor lank word tee in bakkies bedien.  Ek is lief vir tee, maar ek bieg dat hierdie “groen tee”, noem hulle dit, was vir my smaakloos.

Tog was die gesprek tussen ons iets wat ek sal onthou.  Op die muur, wys sy my, is ‘n skildery van haar mentor, ‘n Boeddhistiese monnik wat baie in haar lewe beteken het.  Sy self is al van haar jeug ‘n non.  Dit is nou jare wat ek haar gesien het, maar wat by my bly, is die geluk wat uit hierdie mens gestraal het, iets wat ek nooit voor of daarna weer gesien het nie.

Ek word genooi om met haar ‘n paar ander nonne middagete te eet en ons is die enigstes in ‘n groot eetsaal.

Die kos was vegetariër, van die smaakvolste kos wat ek nog ooit geëet het.  En die kersie was musiek wat die saal gevul het, tradisionele Koreaanse musiek op tradisionele instrumente, vreemd, melodieus, ontvoerend.  En ek sit daar en wonder of ek by die middelpunt van hierdie merkwaardige kultuur arriveer het.

©  Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Augustus, 2020

 

My foto’s

 

Tagged: ,

2 thoughts on “Mitasa Tempel

  1. Mirinda Savage August 15, 2020 at 10:59 am Reply

    Bly om jou weer op te spoor.
    Geniet jou gebruik van taal soos altyd, en hoe jy prentjies maak met woorde.
    Groetnis.

  2. Will van der Walt August 16, 2020 at 9:34 am Reply

    Dankie, Mirinda. Vertrou dit gaan goed met jou. Het jy my besonderhede van Barry C gekry? Dankie vir die aanmoediging. Daar is drie ander blogs met oor die 700 poste. Kyk gerus. Die meeste verskyn op my will van der walt – writer FB-bladsy. Groetnis, w

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: