Pierre Bonnard

Hy is in 1867 gebore en het sy sestig jare volgemaak met ‘n groot bydra aan die modernisme.  Hy self was ‘n beskeie man wat hom privaat gehou het.  Hy was een van die moderniste wat van die noorde verhuis het.  In Bonnard se geval, was dit aan die begin van die Duitse besetting in 1940.  Hy is in die jare daarna genooi om ‘n portret te skilder van Marskalk Petain, die president wat met die Duitsers saamgewerk het.  Hy het dit geweier.

Dit was vir my ‘n voorreg om die Bonnard-museum in Le Cannet te besoek, die voorstad van Cannes waar hy sy laaste jare deurgebring het.  Die uitstalling het werke deur Claude Monet ingesluit, ‘n kunstenaar wat ook invloed op Bonnard se werk gehad het.  Daar kon mens die geskiedenis sien.  Hy was een van die leiers van die kortstondige Nabis-beweging.  Sy ongewone gebruik van kleure is toe al deel van sy werk.  Hier sien mens ‘n amper droomagtige gebruik van pastelkleure.  Die deur-‘n-venster tegniek was in die mode in daardie jare, ook deur Matisse en Picasso gebruik.  Dit is 1946 geskilder.

Hy het met grafiese werk in posters ook naam gemaak.

Poster deur Bonnard 1891

Soos ander moderniste is hy deur die grafiese werk van die Japanese beïnvloed.  Hier sien mens die Japanese styl en komposisie, maar die beelde is Europees.

Grafiese werk 1897

Bonnard se werk is bekend vir die ongewone hoeke waaruit hy skilder.  Roberta Smith, kritikus, sê oor sy werk “Dit is nie net die kleure wat uit die werk straal, daar is ook die hitte van gemengde gevoelens.”  Bonnard en Matisse was goeie vriende en oor sy werk, skryf Matisse “Ek meen dat Bonnard is ‘n groot kunstenaar in ons tyd en, natuurlik, vir dié wat na ons kom.”

In hierdie werk wat hy in sy latere jare geskilder het, – Landelike eetkamer  –  sien jy die lae van kompleksiteit  –  die skaduweefiguur deur die venster; die leë stoel; die vreemde gloed op die deur; die veelkleurig tuin; die eenvoud van die tafeldoek.

As musiek sy laaste jare kon uitbeeld, sou dit ‘n droewe melodie wees.  Hier is die laaste self-portret wat hy in 1945 geskilder het.

As ek hierna kyk, hoor ek sy woorde in sy sterfdejaar: die voëltjie wat sing, is nie altyd gelukkig nie.  Ek dink aan Smith se “gemengde gevoelens”.  Tog is die blywende indruk van Bonnard se werk vir my stralend.

© Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Julie, 2020

 

Bron

Wikipedia Pierre Bonnard

 

Beelde

Wikipedia galerei

 

Kyk ook

Les Nabis, www.bosvirkuns.wordpress.com   13.3.2020

 

Pierre Bonnard 1899

 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: