Miró by Maeght

Die tweede in ‘n reeks van twee

So van gestroopte beelde gepraat, hier is Miró se gestroopte man en mens kan bietjie die museum gebou sien, wat ook deur ‘n Kataloniër ontwerp is, Josep Lluis Sert.

 

 

Die museum mense het Georges Braque gevra om ‘n kapel vir die gronde te ontwerp en hy het vir Miró genooi om ook ‘n brandglasvenster te doen.  Die styl is Miró in die sesitgerjare.

Twee skilderye  –  ek kan nie mooi onthou of ek hulle in die museum gesien het nie  –  toon ook die styl van die sestigerjare toe Miró self oor die sestig was.  Wat vir my treffend is, is dat die swermende vorme van vroeër jare word vervang met ‘n groter vrede.

 

Miró se werk vier die lewe.  Ek kan nie aan ‘n enkel skildery of beeldhouwerk dink wat my terneerdruk nie.  Werk wat my verbyster, ja;  werk wat my laat wonder, ja.  Hy staan tussen die moderniste, invloedryk en vervrissend.  Groot instansie, soos die Verenigde Nasie, het hom geleentheid gebied om hulle sale sy kleur te gee.  Sy werk by die Maeght Fondation kan nie in ‘n beter ligging wees nie  –  deur die bome kyk jy uit oor St Paul de Vence en die wasig Côte d’Azur.

 

(c) Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2020

 

Bron

Wikipedia Joan Miró

Beelde

Miró – Wikipedia

My foto’s

 

Miro, 1980s

   Mag God dat ek nooit gebrek aan Heilige Rusteloosheid ly nie  –  Jóan Miró, 1916

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: