Miró by Maeght

óie eerste pos in ‘n reeks van twee    

Joan Miró, Barcelona, 1935

Joan Miró was van die begin af rebels met sy kunswerk.  Ek het al gewonder:  dalk is dit iets in die lug van Kataloniē wat Picasso en Dali ook ingeasem het, Gaudie en Sert (argitekte) en Jaume Plensa (beeldhouer), om ‘n paar te noem.  Miró was in sy vroeé jare uitgejou omdat hy anderpad met sy kuns gekies het.  Spanje wat hom opgevoed het, het ‘n groot bydra in die Westerse kuns gemaak en Miró is daarin geskool.

Na die afkeuring van 1918 toe hy in Parys sy werk uitstal, het die waardering vir sy werk geleidelik toegeneem.  In die vroeë Sestigerjare word hy deur die Maeght Fondation in die Cote d’Azur uitgenooi om by te dra aan die nuwe museum vir moderne kuns, sowat 25 kms van Nice af.  Miró het van 1961 tot 1981 stukke bygedra.  Die werf waar die werke uitgestal word, noem hulle Die Doolhof.

Die Doolhof se Portaal

Ek het simbolies Die Portaal deurgestap en toe, soos daar gesé word, in die gedagtes en die verbeelding van die kunstenaar gewandel.  Die meeste stukke is in die buitelig.  Ek moet sê dat ek dink nie dit is Miró se beste werk nie.  In 1981 was hy 88 jaar oud.  Maar dit is nog innemend en, stuk na stuk, kan mens die hand van kunstenaar uitken.

Die bul-ontwerp is nooit ver nie

Deurgaans sien jy die speelse gees in sy werk.

Daar is ‘n kliptoring wat hy blykbaar ontwerp het en hierop het hy sy ikoon.

Dit is hier waar jy die muurskilderye sien.

Oor sy skilderye het hy in 1958 gesé

Die toneel van die gewelf oordonder my.  Ek’s onderdonder wanneer ek, in die grote hemel, die sekelmaan sien, ook die son.  Daar is in my beelde klein vorme in groot oop ruimtes … leë ruimtes, leë gesigeinders, leë vlaktes …  alles wat gestroop is, beïndruk my.

 

(c) Willem

www;loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2020

 

Bron

Wikipedia Joan Miró

 

Beelde

My foto’s

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tagged: , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: