Flamenco – die koue vlam

 

Ek weet net die bietjie van flamenco wat ek by dansers in die Wes-Kaap gehoor het.  Wat hulle van praat, is die sigeuner invloed in die musiek, nie net ‘n poëtiese idee nie, maar noodsaaklik om die oorsprong van die verskynsel te sien.  Dit is heelmoontlik dat flamenco sy oorsprong in Indië gehad het (verwys veral na die handgebare) en met sigeuners die Arabiese musiekwêreld deur gereis het en verdure invloede opgedoen.  Die eindpunt was Andaloesië en dit het voortgeduur ten spyte van die verdrywing van die Moeslims en die Jode in die 1490s van Spanje.  Die sigeuners self kan mens nie verdryf nie;  hulle glip deur die snare van die kitaar.  Hulle is nog daar.

Carmen Amaya 1913-1963 Flamenco dans legende

Die dans en die musiek het daarna verfyn en vandag is dit die gees van Spanje.  Blykbaar het hulle flamenco musiek gespeel op die bus van die Spaanse sokkerspan in die Wêreldbeker van 2010 in Suid-Afrika.

Manitas de Plata 1921-2014 Flamenco kitraar legende

Wat my vasnael, is die verhouding tussen die man en die vrou op daardie dansvloer  —  daar is ‘n strakke gelykheid, altwee het by die fontein van trotse arrogansie gedrink, altwee is op hulleself gespîts en laat bietjies-bietjies die wêreld in.  Die sensualiteit in flamenco is nie flankerend nie;  daar is eerder diepe erns:  hulle is bewus van mekaar:  beweeg, dans, roep my van jou verte en ek laat jou in my skaduwee toe.

Die musiek beeld die geweefde aard van die werklikheid.  Dit is amper asof daar ‘n alleenheid in die danser is en tog is die passie, meermale geïmpliseer eerder as blootgestel, die hitte van wit kole.  Daar is drama, daar is kwaai ekstase in daardie akkoorde, daar is fyn rimpeling oor die vel, daar is skielikheid, daar is bekruiping, die weerhou wat mal maak.  Dit is die musiek wat bedwelm met ‘n lemskerp nugterheid.

© Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2020

 

Bron

Gesprekke met dansers

My siel

 

Beelde

Carmen Amaya  –  letempsdesdanses.e-mon

Manitas de Plata  –  atlantico.fr

Flamenco danseres – bron verloor

My tekening

 

 

 

Dit word voorgestel dat lesers die musiek van Paco de Lucia en Manitas de Plata op You Tube naslaan.

 

Opgedra aan die dansers en hulle studente by ‘n Kaapse skool

 

Ek kan nie die geleentheid laat verbygaan nie sonder om ‘n storie oor Manitas de Plata te noem.  By ‘n konsert van hierdie beroemde sigeuner kitaarspeler, het Pablo Picasso, in die voorry, bedwelm met die musiek gesit en in die middel van die konsert opgespring en die kitaar uit Manitas se hande gepluk en met ‘n (koki ?) pen waansinnig op die kitaar geteken, om dit ‘n paar miljoen meer waarde gegee het.  Die skare was mal hieroor.   Tóé speel Manitas. 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: