Chapelle du Rosaire – Matisse se laaste groot werk

Die tweede in ‘n reeks van twee

Wat my so ontroer, is dat Matisse was swak in hierdie jare.  Hy het maar selde uit sy rystoel beweeg.  Die Stasies van die Kruis, wat elke katedraal en Katolieke kerk het —  die veertien tonele van Christus op die kruistog —  het Matisse met ‘n kwas aan ‘n stok vas gedoen.  Hulle is nie netjies nie;  dit lyk of ‘n kind hulle gekrabbel het.  Hulle is in skerp kontras met die fyn kunswerk van alle ander Stasies van die Kruis.  Vir my is dit amper die laaste woord in die uitbeelding van die pyn van die kruistog.

Natuurlik was Matisse op dié stadium van sy lewe wêreldbekend en almal het aandag gegee aan wat hy in sy “tweede lewe” sou doen.  Aragon, die Franse digter wat homself as ‘n ateïs beskou het, vra Matisse waarom hy ‘n Christelike kapel ontwerp.  Waarom skep hy dit nie in vrugtemark om nie?  Matisse se ander vriend Pablo Picasso wat destyds in Antibes gebly het, vra hom ook, “Vir wat ontwerp jy ‘n kapel?”  “Seker omdat ek ‘n geestelike mens is,” het Matisse teegekap.

Gestroop tot die kern – ook deel van Matisse se ontwerp

Die kapel was ‘n groot deel van Sister Jacques-Marie se lewe en dit is vir my hartverskeurend dat die fluisteringe oor haar en Matisse lelike spore in haar lewe gelaat het.  Sy is deur die Moeder van die Dominikane belet om Matisse se begrafnis in 1954 by te woon en sy is in Wes-Frankryk in ‘n kusdorp as non vir die res van haar lewe gevestig.

Ek is onseker oor hierdie eksterne tekening. Die kan ‘n toneel met Josef en Maria gewees het.

Dit is beduidend dat, al word Picasso, byvoorbeeld, as ‘n groot kunstenaar beskou, het die Franse wat ek al ontmoet het maar min respek vir hom as mens.  Met Matisse is dit anders.  Ek word nooit moeg vir die storie in sy biografie toe sy pêlle vir hom gereël het om ‘n bordeel in Tunisië te besoek.  Hy neem toe sy vrou Amelie saam om vir hom te help met die uitsoek van modelle.

Lumier – die laaste woord vir Matisse

© Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2020

 

Bron

Wikipedia :  Chapelle de Rosaire

 

Beelde

Ek het glad nie meer die bronne van hierdie beelde nie.

Die Kapel – Vence Tourism 

My foto

 

“Laat dié wat in die Kapel kom genesing vind”  –  Henri Matisse (1867-1953)

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: