Chapelle du Rosaire – Matisse se laaste groot werk

Die eerste in ‘n reeks van twee

Ek was jare gelede by dié kapel en ook die afgelope paar jaar, so klein soos dit is in vergelyking met katedrale, word dit net groter vir my.  Die dorp Vence is sowat dertig kms van Nice af, glad nie ‘n groot plek nie maar, soos met al die dorpe in dié streek, met ‘n lange en ryke geskiedenis.  En dié geskiedenis strek al van ten minste drie duisend jaar gelede toe die Kelt-Liguriërs in vrede daar gevestig is.

St Paul-de-Vence in die omtrek van die kapel

Henri Matisse, die moderne meester van kleur, kom uit die noorde van Frankryk en het hom in Nice kom vestig.  In 1941 oorleef hy ‘n kankeroperasie in Lyons.  Van toe af tot sy dood in 1954 noem hy dit sy « tweede lewe », ‘n tyd toe hy die kapel saam met Sister Jacques-Marie ontwerp het.  Hy het haar vroeg al leer ken toe hy op soek was na ‘n sieketrooster.  Hy het haar interessant gevind en sy het poseer as ‘n model (Kyk Die Vrou in Groen).  Op die tydperk van haar lewe besluit sy om ‘n non in die Dominikaanse orde te word.  Na die oorlog nader sy Matisse met ontwerpe vir brandglasvensters vir ‘n moontlike kapel.  Dit het hom beïndruk en hy het laat loop met die idee.

Die kapel wat voorheen ‘n ou stoorruimte was, is in die laat-1940s omgeskep en in 1952 ingewy.  Hoeveel van Sister Jacques-Marie se idees hy gebruik het, sal ek nie kan sê nie en dit is maar in die afgelope twintig jaar wat daar meer waardering vir haar oorspronklike bydra is.  Die sekulêre pers het tipies gespekuleer of daar ‘n verhouding tussen hulle was.  Sy het kort voor haar dood in 2003 gesê, Ja, dalk het hy my aantreklik gevind.

Die kapel self is die toonbeeld van eenvoud.  Aan die regterkant kan mens die tekening van St Dominic sien, waarna die orde vir nonne genoem is.  Aan die linkerkant die brandglasvenster wat die Boom van Lewe genoem word, onmiskenbaar Matisse se styl.

Die kapel word hoog aangeslaan as ‘n belangrike bydra aan die moderne argitektuur van gewyde geboue.  Dit is verwyder van die swaar, somber katedrale van die Middeleeue.  Dit straal lig en kleur.  En dit is Matisse.

© Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2020

 

Beelde

Die beld van Matisse en die non is Getty Images

Die bron van die ander sal ek nie meer kan sé nie.

Onder, my foto

Hierdie tekening van Matisse aan die buitemuur van die kapel is weereens in die styl van eenvoud – ‘n Moeder en Kind.  Daar is al baie oor die derde figuur gespekuleer.  Is dit Josef?  Is dit ‘n “self-portret” wat kunstenaars, onder andere Michelangelo, dikwels gedoen het?  Toe sy ateïstiese vriende Picasso en Aragon hom vra waarom hy ‘n kapel ontwerp, was sy antwoord dat hy hierdie geestelike werk moet doen.   Neem in ag dat die tekeninge in die kapel en dié inkluis met ‘n kwas aan die einde van ‘n lang stok gedoen is.  Hy kon nie veel tyd op die been deurbring nie.

 

Tagged:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: