Die Sigeuners

Op my stappie een middag sien ek op die oop stuk grond tussen die pad en die woud ‘n aantal karavane, almal dieselfde moderne model en elkeen wit.  Ek besef dat dit sigeuners moet wees.  Ek het groot belang gehad.  Sal dit nou nie interessant wees om met hulle te gesels nie?  By die huis noem ek dit vir Claudie.  Haar reaksie, neem ek aan, was die standaard Franse reaksie teenoor hierdie rondreisende gemeenskappe:  “O nee, jy gaan nie ná aan hulle nie.  Daar is kriminele onder die gitanos.  Hulle sal jou oorrompel en besteel.  Die munisipaliteit moet ontslae raak van hulle.”

Ek vind dit vreemd.  My ervaring van sigeuners in Suid-Afrika was maar skrams  –  “Madame Rose” in ‘n karavaan op die buitewyke van die dorp, waar sy jou tarot-kaarte of ‘n handpalm sou lees, of jou toekoms in ‘n kristalbal te ondersoek.  Vir my was dit iets eksoties wat kleur aan ons vaal stofstrate verleen het.

In Frankryk, wys Claudie op die gitanos in die media, hoofsaaklik sangers.  Kenji is ‘n voorbeeld, ‘n mooi bebaarde jong man, populêr onder die jong mense.

Oor die jare kry mens fragmente oor die sigeuners, or Romi, soos hierdie gemeenskappe ook genoem word.  Daar is duidelik ‘n poging in die media om die gitanos kans te gee en erkenning te verleen.  Gewoonlik het die mense baie talent.

Jy kan oor die sigeuners op die internet lees.  In die letterkunde van Europa is daar veel oor sigeuners, seker omdat hulle kleurvolle mense is, musikaal en hartstogtelik.  Daar is ‘n 1,500-jaar geskiedenis.  Die etniese navorsers stel vas dat die DNS van hierdie mense asook hulle tale ooreenstem met dié van Hindustan.  In hulle westelike migrasies oor die eeue het hulle eers tyd in Egipte deurgebring; aldus, die Engelse naam gypsies.

Daar is ‘n brutale ironie:  na jare se navorsing word die sigeuners as Indo-Ariaans geken.  Die woord “Ariaan” was natuurlik deur die Nazis gebruik om hulle rein bloed aan te dui.  Hulle het gepoog om volksmoord op die sigeuners te pleeg, of in die doodskampe of deur spontane teregstellings in verlate streke.  Die skattings staan op min of meer 220,000 sterfdes, maar party meen die syfer is hoër.

As die sigeuners van Europa, en later Noord- en Suid-Amerika, interessante mense is, weier van hulle om met lokale bevolkings te assimileer.  Hulle stuur, byvoorbeeld, nie hulle kinders na die lokale skole toe nie.  Hulle verkies op hulle self met die tradisies op te voed en hieroor is daar vurige trots.  Hulle word vaagweg met die Katolieke Kerk assosieer en Sara is hulle heilige, die swart bediende-vrou wat met Maria, moeder van Christus, Maria Magdelena en Josef van Arimatea by die Camargue in  suidelike Frankryk aangeland het.  So lui die legende.

Dit is seker verstaanbaar dat ek nie die standaard Franse houding oor sigeuners deel nie.  Ek ontdek voortdurig hoeveel musiek wat ek liefhet van hulle afkomstig is.  Dit is veral waar vir flamenco.  Met populêre musiek is daar Gypsy Kings, ‘n Franse groep met ‘n fassinerende familiegeskiedenis.  En dan, op die kruin, is daar Manitas de Plata, die Hande van Platinum.  Hierdie man, ongeletterd en trots daarop, word as die grootste flamenco-kitaarspeler beskou.  Met ‘n gelaat van kransrotse, is hy ‘n musikale tsoenami.

© Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Julie, 2020

 

Bron

Wikipedia Gypsies

André Brink:  Midi  (Tafelberg, 1966)  

 

Beelde

My grafieke

 

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: