Die Pes – die storie word waar

Die tweede pos in ‘n reeks van twee

Dalk is ek oor die huidige epidemie swartgallig.  In Italië waar die hele nasie in “kwarantyn” is dws. hulle moet by die huis bly, staan mense op balkonne en sing arias uit operas, speel jazz op kitare en skree vir mekaar oor die leë straat daaronder.  Dalk kry jy nie die mens onder nie, veral nie die Italianers nie.

Maar dit is die feite, nie die spekulasies, wat my en die wêreld tot erns stem.  Ek skryf ‘n brief aan my vriend in Suid-Afrika  –  Nee, sê hy, daar’s net een geval en dit is in Nigerië.  Twaalf uur later skryf hy terug:  daar is nou een geval.  Die volgende oggend is dit twee.  Na tien dae is ver oor ‘n honderd.   Ek wil nie dink wat kan gebeur as dit onbeheers die townships ingaan nie.

In die Côte d’Azur, die streek waar ek my bevind, neem die gevalle twintig op ‘n dag toe, seker omdat ons so ná aan die Italiaanse grens is.  Jy sien nie maskers op straat nie.  Nog nie.  Maar die “klein” dinge word groter:  sal ek veilig op die bus stad toe kan ry, vir my doktersafspraak?  Op televisie voer die dinkskrums debat oor ‘n moontlike ineenstorting van die ekonomie wêreldwyd.

Waar sal die wêreld, Suid-Afrika, Frankryk, ek, oor ‘n maand wees, oor ses maande?  Ek was nog nooit so bewus van wat in my liggaam aangaan nie  –  elke pyn, elke hoes, elke nies, elke watookal.  As ek hierdie ding opdoen, sal dit vir my partenaire Claudie, wat reeds sieklik is, die dood beteken?

Soos almal, klou ek aan enige troos wat daar kan wees.  In die tagtigerjare is dit Franse dokters en navorsers wat die retrovirale medikasie vir VIGS ontdek het.  Ons het nog nie die antwoord op VIGS nie, maar dit is so te sê onder beheer.  In 1918 het die Groot Griep meer lewens wêreldwyd geëis as wat in die Eerste Wêreldoorlog verloor is.  Dit het ons redelik onder beheer.  Sal navorsers en dokters weer die ding doen?

©  Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2020

 

Beeld

My tekening 

 

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: