Die Pes – die storie word waar

Die eerste pos in ‘n reeks van twee

Dit is ‘n ongewone situasie waarin ek myself bevind.  Aan die eenkant, is ek in Frankryk wat vandag [13.3.20] twee duisend, twee honderd een en tagtig gevalle van die corona-virus het.  Ag-en-veertig mense is al dood.  Oor die wêreld raak die epidemie oor die honderd lande.

Aan die anderkant, lees ek vir die tweede keer Piet de Jager se 2012 vertaling van die Franse skrywer-filosoof Albert Camus se La Peste  wat in 1947 verskyn het.  Dadelik erken ek in die verhaal wat ek nou beleef  –  die agterdogtige lyftaal van mense as jy hulle ontmoet, die amper-bladskud, die veilige afstand.  Skielik is die storie waar.  Die vertaling van Piet de Jager self is uitmuntend.  Die styl is verhewe, gepas vir die erns van die kroniek van ‘n epos.

Camus noem die plae van die Algeriese kusstad Oran wat hulle in die geskiedenis geteister het, maar nooit op die skaal wat hy in sy verhaal beskryf nie.  Ek vergelyk:  die plaag van Oran, soos die plaag van die Swart Dood (1346-1353), word deur rotte (en hulle vlooie) gedra;  huidig in Frankryk is daar nie rotte nie – die plaag is onsigbaar in die spasies tussen mense.  Onsigbaar en dodelik.

Ek voel amper asof ek beland het in ‘n Hollywood-toneel van ‘n futuristiese film oor die apokalips  –  die leë hoofweë in China, in Italië;  die leë skole en strate; die verlate stadspleine voor die welbekende monumente.  Word die stede “skim stede”, soos ‘n kommentator op televisie dit beskryf het?  Kruip mense weg of is hulle al dood?  Die skeptici oor die implikasies van die pandemie word stiller.  Die president van die VSA verander van sy ongeërgde, oor-die-skouer houding oor die saak en verbied Europieërs vir ‘n maand.

Soos almal, dink ek na.  Sê nou net die virus bereik nie ‘n piek nie, soos epidemoloë ons probeer troos.  Sê nou net dit het nie ‘n einde nie en wis geleidelik die mensdom uit.  Dalk bly daar klein geïsoleerde groepe mense oor, soos die Neanderthal geslagte voor ons.  Beskawing, soos ons dit ken, sal verdwyn.

©  Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2020

 

Beelde

Frederic Daty

 

 

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: