Stiergeveg

 

Dit is jare vandat ek by die Plaza de Toros in Madrid ‘n stiergeveg bygewoon het.  My vrou het geweier om te gaan — “ek kan daai wreedheid nie aanskou nie.”  Ek gaan toe, en oortuig myself dat dit bloot nuuskierigheid was.  Lewenslank het ek van stiergevegte gehoor, gelees wat skrywers daaroor te sê het en, soos flamenco-musiek, is dit die siel van Spanje.

Plaza de Toros, Madrid, watertint deur Picasso

Ek onthou die spronge, soos ‘n wilde perd, van daardie bul met sy binnekoms, die swaai van sy reuse horings, diekant toe, daai, asof hy die vyand in die wind kan ruik.  Dan, die picadors, party op perde, met hulle spiese wat wonde op die bul se romp maak sodat die swaard, die estoque, makliker uiteindelik binnetoe kan sink.  Dan, die matador, ‘n beeld van verfynde uittarting.

Die Picadors

 

Die matador neem oor

Wat ek onthou, was die balletagtige ratsheid, wanneer hy hom net buite die swaai van die vlymskerp horings lig.  Hy was ‘n onvergeetlike kombinasie van grasie en uitdaging, met die dood elke oomblik voor sy oë.  Hy neem twee, drie lanserings van die estoque in die bebloede romp in voordat die bul letterlik, simbolies, knieë toe sak.

Hoe kan ek myself nou, jare later, met die wreedheid vereenselwig?  Ek het besluit dat om dit te verdoem, is om die lange geskiedenis hiervan, dalk tien duisend jaar, te vereenvoudig.  En dan kan sulke verdoemenis nie van ‘n vleiseter kom nie.  Maar om te dink aan die verskynsel, soos talle voor my, sien mens die brutaliteit gevleg met die tydlose poësie — twee magte, een donker, oer; die ander, ‘n verfynde gees.  Die gebeurtenis bly sit in my.  Dit het vir my jare geneem om te verwoord waarom ek die stiergeveg nie kan verdoem nie.

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Februarie, 2020

 

Beelde deur Pablo Picasso

Foto  – bron verloor

 

Die bloed, die asem van die bul, die vrees van die mens, die doodsteek

 

 

 

Tagged: , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: