Die skaduwee verleng

Dit is Woensdag die vierde Maart, 2020.  Ek is in Antibes, ‘n ou Middellandse See kusstad in die suide van Frankryk.  Toe ek voor Kerfees verlede jaar na die drie maande in Suid-Afrika terugkeer, hoor ek vir die eerste keer van die corona-virus of Covid-19 gehoor.

Dit was nuus ‘n verre land –  die arme Chinese.  Oor weke het die prentjie verander – teen die einde Januarie is die eerste bevestigde gevalle aangekondig;  teen die middel Februarie is daar ses gevalle in die land, teenoor China se 30,000.  In Frankryk het mense gefrons, maar tog veilig gevoel.

Laat-Februarie word die eerste dood aangekondig en ‘n dag of twee gelede, die tweede.  Huidig is daar 130 gevalle.  Ek het myself hier in die Cote d’Azur getroos:  ons het net twee gevalle.  Vanoggend toe ek op die internet kyk, sien ek dis agt gevalle.  Op Franse televisie is die onderwerp van die dinkskrums net op die virus gefokus, tesame met nasionale waarskuwings, advies en dokumentére films.

Skielik is die lewe onsekuur.  Op die internasionale kanale, sien ek die leë skole van China, die hoofweë, stil en verlate.  Kruip hulle weg of is hulle dood?  Ek dink na:  ek is die massas by die lughawens Dubai en Nice deur;  ek het met die wêreld tougestaan by die Nice Prefecture vir die vernuwing van my visa  –  alles kontak met moontlike draers van ‘n aansteeklike siekte.

Ek en Claudie kyk na mekaar.  Broei daar ‘n kiem in my wat haar kan aansteek?  Dié wat weet sê my dit is onwaarskynlik.  Maar dis ‘n stryd tussen wat die kop weet en wat die hart in elk geval gaan vrees.

Waar staan die wêreld oor drie maande, Suid-Afrika, ek?

 

© Willem

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

4de Maart, 2020

 

Nota

Ek troos my seker met die vergelyking van die Swart Dood of Pestilensie in 1346-1353 in Europa toe twee-derdes van die bevolking gesterf het.  Die Groot Griep van 1918 is nog ‘n geval.  Ons hét mos beskerming van moderne kennis.  Of hoe?  Of hoe?  Ons hét mos.  

 

 

Tagged:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: