‘n Oliebal in die Koue Oorlog

As die frase Koue Oorlog mens tot erns stem, is daar ‘n oomblik waar dit nie gebeur nie.  Toe ek jare voor die Berlynse Muur verkrummel het, daar gestaan het die situasie en bepeins, is die storie aan my vertel.

Twee-en-twintig maande ná die Berlynse Muur deur die Oos-Duitsers, onder die bevel van die Sowjet-Unie, in 1960 opgerig is, is President John Kennedy van die VSA uitgenooi om steun aan Wes-Duitsland en, spesifiek, aan Wes-Berlyn, te toon.

Die Wes-Berlynse skare het kom luister na wat hy te sê het, woorde wat later klassiek in die geskiedenis van politiese taal geword het.  Hy het die sleutelsin van sy toespraak voorberei en dit is vir my interessant dat Duitssprekendes het hom nie op die idioomfout van hierdie sin reggehelp het nie.  In die streekstaal van lande kry kossoorte soms die naam van die stad of die streek.  Dit is so met die oliebal (Eng doughnut) in die kosgeskiedenis van Berlyn.  Dan is daar die gebruik in goeie Duits om te sê “Ek is Johannesburger” of “Ek is Kaapstadter”  eerder as “Ek is ‘n Johannesburger” of “’n Kaapstadter”.

Die Wikipedia-inset oor hierdie geskiedenis noem die probleem en brandmerk dit as “a widespread misconception”.  Ek meen dat die inset deur ‘n trotse Amerikaner geskryf is wat nie só ‘n fout met die geëerde John Kennedy kon koppel nie.

Die uittreksel in die toespraak lui:  Alle vry mense, waar hulle hulle ook mag vind, is burgers van Berlyn, en daarom, as ‘n vry mens, is ek trots op die woorde ‘Ich bin ein Berliner’. 

Die gehoor sou dalk giggel of glimlag oor die fout, maar tog die geweldige implikasie van hierdie politiese oomblik sien:  dit was een van oomblikke in die geskiedenis van die Koue Oorlog wat die gevaarlikste gelaai was.

Die Duitsers en die wêreld self vergewe vir John Kennedy vir die onbepaalde voornaam wat van hom in die middel van ‘n politiese epos ‘n oliebal gemaak het.

 

© Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Februarie, 2020

 

Bronne van beelde

Skare – wikipedia

Kennedy en woorde – oregister.com

Kennedy – amazon.fr

 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: