L’Arenas – avontuur in ontwerp

 

My besoeke aan L’Arenas in die buitewyke van Nice was ‘n openbaring.  Die stadsvaders/moeders het van die sestig- en sewentiger jare besluit dat die beeld van Nice moet sterker moderniseer.  Argitekte soos Le Corbusier het reeds die rigting aangewys en die argitektuur in ongekende rigtings gestuur.

Daar is besluit om ‘n onbewoonde gedeelte in die omgewing van die Nice lughawe aan post-moderne argitektuurontwerp toe te wy.  Die res van Nice se geboue is ‘n mengsel van tye – barok, neo-klassiek, neo-goties, modernisme, deco en post-modernisme.  Hier en daar staan daar ‘n reuse moderne gebou wat die tradisionele verdwerg.  L’Arenas is soort toonvenster op post-modernisme.

Hier moet mens mooi kyk :  dit is die ingang van ‘n bekende bank.

Glasdekking is een van die grootste kenmerke van die styl en L’Arenas het ‘n hele aantal verbasende voorbeelde.  En dan word die weerkaatsings deel van die ontwerp!

 

Wat my gou opgeval het, was die kontraste in styl, sommer langs mekaar gebou.

En dan was daar verbasings met individuele motiewe in die ontwerpe, ‘n sterk kenmerk van die styl.

Ek moes seker ondersoek ingestel het, maar ek wonder steeds of dié gebou ‘n soort kerk kan wees of bloot ‘n kerk se administrasieblok.

 

Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Januarie, 2020

 

My foto’s

 

Verwante poste op LoerToer

28.8.2013  Salle de Spectacle

6.12.2013  Marina Baai van Engele

17.5.2018  Post-moderne argitektuur

17.5.2018  Post-moderne argitektuur (2)  

 

Die Spada-gebou, nie eintlik deel van L’Arenas nie, maar treffend.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: