Guillermo Portabales, innemende musikant

Die geboortedatum van hierdie Kubaanse sanger blyk meer seker as die datum van sy dood.  Daar word steeds hieroor debatgevoer.  Die twee datums is 1911 en 1970.  In sy lewe wy hy hom aan liedeskryf en sy kitaarspel van sy vroegste jare en daar was geen onderbreking nadat hy in 1953 Kuba vir Puerto Rico verlaat het.

Hy het eers in die vele style van lokale tradisies gespeel en geleidelik gesien dat van hulle die guajira baie populêr was.  Dié woord verwys na die onderdanige werker (Eng. peasant) en sy landelike milieu, sy vreugdes, sy lyding.  Dus, is dit my vreemd dat Portabales beskou word as ‘n “vyand van die staat” ná die 1959 revolusie in Kuba waar daar pretensie in die rigting van sosialisme was.   Teen dié tyd het hy al ekstensief in Noord- en Suid-Amerika getoer en was beroemd en bemind.

 

Hier en daar vind ons sy teer liefdesliede.  Sy lirieke vier ook die landskap van Kuba en van Puerto Rico.

Die murmer van die stroom

gekleef deur die maan

wanneer die silwer strale

die dieptes deursoek

  • Van El Arroyo que murmura

Probeer maar, as jy kan, om stil te staan wanneer ‘n Portabales-lied laat waai, veral sy Le Carratera.

 

Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Desember, 2019

 

Bron

Wikipedia Guillermo Portabales

Omslagnotas « Le Carratera »

 

Beelde

Van die omslag  « Le Carratera »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: