Boeghie-Woeghie klavier

Vir dié wat oor hierdie blogpos struikel, stel ek voor dat jy eers by You Tube Boogie-Woogie Performers ‘n draai maak.  Wanneer jy van die hoogte afkom, sal, wat ek hier skryf, meer sin maak.

Ek was tien jaar oud toe ek die eerste keer boeghie klavier hoor.  Ek was oorbluf, oorweldig en oor die maan.  My ma wou dat ek ‘n konsert pianis word en dit was vir haar steurend om te sien hoe ek in daardie meedoënlose ritme verdwyn.  Ja, ek is nou nog daar.

Ek ervaar boeghie klavier as die son kant van die blues.  Dit is seker die oupa van rock ‘n roll.  Dit ontvoer, dit ontvlam, dit ontplof.  Toe ek weer luister, vind ek dat die melodielyn standaard is.  Die kuns lê daarin om doller as kopaf te improviseer op die drie-akkoord struktuur, die lopies, die vergruisde akkoorde, die teen-ritmiese sinkopasie, alles wat ‘n asemrowende geheel vorm, teen ‘n aarbarstende pas.

“As ek dit kon speel die helfde wat ek daarvan hou …” het iemand op ‘n kol kwytgeraak.  Tog is dit nie almal se smaak nie.  As jy onder die laasgenoemde groep jouself bevind, het jy my innige simpatie  —  jy verloor ‘n opwinding wat woorde verby is, die onweerstaanbare getoor met jou voete, met jou bene, jou buik, jou bakkies en jou brein.  Dit is die doolhof van Dionusus.

Jy sal my moet verskoon.  Ek ontspoor.

 

Willem

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Januarie, 2020

 

Bron

My siel

 

My tekeninge, my liriek

 

Die boeghie                                                                     

Kom, boeghie, laat ek jou speel

Donners lief vir jou

Mal oor wat my vingers doen

Meer mal is ek oor jou

Grawe in my maag

Skeur oop   die styselkraag

Saag my stukkend. Saag my stukkend,

Saag!

 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: