Paul Klee – tekeninge

Ek kry nou nog lag as ek dink aan die dag wat ek die Klee Stift in Bern binnegestap het en gevra of ek Paul se tekeninge kon sien.  Die kurator kyk my snaaks aan.  “Besef jy daar’s oor die 40,000 van hulle.”  Ek moes toe ‘n half jaar van tekeninge kies en met my ore nog stralend rooi het ek ‘n vroeë- en ‘n laatjaar in sy lewe gekies.  En weet ek nou, jy kan enige half jaar in sy lewe kies, die tekeninge sal nog, soos al sy werk, merkwaardig wees.  Met tekeninge, voel ek, is di tamper asof jy nader aan die kunstenaar is.

Slaap, 1914

Ek wonder altyd wat die omstandighede van ‘n tekening is, iets wat jy redelik gou doen.  En veral dié een.  Die jaar 1914 was die aanvang van die oorlog en Klee was ‘n ambulansbestuurder.  Hy het die oorlog oorleef, met ‘n geringe wond, as ek reg onthou.  Ander Duitse kunstenaars is dood.

Takbok, 1918

Daar is lewensvreugde in die keuse van sy takbok — die oorlog is verby.  In die 1920s, het hy by die Bauhaus, die wêreldberoemde kunsskool, aangesluit waar hy nie net moderne kuns soos niemand anders ontleed het nie, maar ook sy eie kuns beoefen het.

Byt op die Skouer, 1926

Klee se humorsin is nooit ver nie en mens sien dit in die eienaardige onderwerpe wat hy, veral, geteken het.  Hier “Byt op die Skouer”, 1926.

Migrerende Visse

‘n Dier gaan stap 1930

Van die begin af het vis en diere ‘n rol in sy beeldkeuses gespeel.  .

Verwagtend, 1926

Hy het vele style in sy skilderye toegepas en dit is heelwaarskynlik van die vrugbare bronne van sy tekeninge geput.

Nuwe Orde, 1935

Ek het nog altyd gewonder oor hierdie tekening “Nuwe Orde” in 1935.  In 1933 toe die Nazis aanbewind gekom het, is Paul Klee, saam met ander, summier by Bauhaus afgedank en die skool is gesluit.  Klee het in 1936 na Switserland, waar hy gebore is, teruggekeer.  Hy was, soos ander kunstenaars — Kirstner het selfmoord gepleeg — erg ontnugter en het gevoel hy word deur Duitsland verwerp.  Dus bepeins ek hierdie tekening wat nie onder die omstandighede, maklik is om te verstaan nie.

Self-Portret, 1901

Hierdie beskeie man wie se talente eindeloos was, het gevoel dat mense hom nie in sy eie leeftyd sou verstaan nie.  En daar sal altyd dié wees wat met verkrampte siele rondloop.  Bewonder deur kunstenaars soos Picasso en Matisse, het Paul Klee vandag sy plek onder die groot moderniste.

Willem

www.loertoer.wordpress.com

Bridgewater, Somerset-Wes

Desember, 2019

 

Bronne en beelde

Tiere in der Kunst von Paul Klee, Galerie Rosengardt, Luzern. 1964

Paul Klee on Modern Art. Faber, 1966

Werner Haftmann: The Mind and Work of Paul Klee.  Faber, 1954

 

Maan oor stad 1928

 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: