Twee Kunstenaars

Die tweede in ‘n reeks van twee

Ek was ook oor Vivian se vrou, Fiona, se werk nuuskierig.  Die naam was nie vir my onbekend nie, maar die klokkie het ver weg gelui.

In die sitkamer sien ek ‘n redelik groot en treffende foto van ‘n jong vrou, maar toe ek nadere ondersoek instel, sien ek dit is ‘n skildery, dié.  Hoe nader ek staan, hoe meer ek die besonderhede kyk, hoe meer verstommend word dit.  Sy sê my dat, met die jong vrou se hare, aan ons regterkant, het sy skuurpapier gebruik om die tekstuur reg te kry.

Fiona is ‘n pragtige, windverwaaide wese en ek vra haar oor foto-realisme uit.  Nee, sê sy, wat ek doen, is realisme.  Hieroor sou sommiges debateer.  Ek weet nie eers of ‘n klassifikasie mens se waardering sou verbeter nie.

Portret van Robert Hunting, 2001

Sy wys my toe van haar werk op haar app — portrette van mense, jonges en volwassenes.  Een na die ander bly die werk verstommend.  Ek het later nageslaan dat Fiona as “Die Dodelike Oog” bekend staan.  Hier en daar het sy op gedeeltes ingezoem en mens kan die sweetgate sien, die klein vlekke op die vel.

Ek werk nie van foto’s nie, sê sy.  Hoe mens dit met ‘n verfkwas regkry …

Danie de Wet, KWV, 2009

Fiona is ook ‘n beeldhouer, maar ná die skilderye sal ek dit vir ‘n ander dag bêre.  Daar is geen kwessie nie:  dit sal my nie verbaas nie as sy al die reputasie van die beste kontemporêre portretskilder in die land het, met ‘n goeie volgeling oorsee.  Dankie, Fiona.

Willem

www.loertoer.wordpress.com

Bridgewater, Somerset-Wes

Desember, 2019

 

Bron

Fiona Metcalfe, Portrait Painting

My foto.

 

Met hartlik dank aan Fiona Metcalfe en aan Cia Brand wat die ontmoeting moontlik gemaak het.

 

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: