Aardbewing, Nice, 1887 – die skrywer as getuie

Tweede in ‘n reeks van twee

Die tweede getuie, ook ‘n skrywer, was Guy de Maupassant (1850-1892), die Franse kortverhaal skrywer.  Die aand van die aardbewing in 1887 was dit amper per toeval dat hy in Antibes was, hy wat in sy seiljag die suidelike kus van Frankryk platgeseil het.

In die eerste sekondes van die skok, meen ek dat elke las uitmekaar pluk.  Maar in die toeneem van die rukke van my bed, in die krake van die mure, met die rondval van die meubels, besef ek ons word deur ‘n aardbewing oorval.  Hulle het geskryf dat die verskynsel ‘n voorloper gehad het, ‘n geweldige uitbarsting van die Mistral. … En die ander vreemde klanke het geklink asof hulle uit die angs mure kom, geruk tot hulle fondamente, dakbalke rondgestrooi, teëls opgestoot, sementvloere gekraak, steunklippe wat uitpeul, geboue wat begin tiep.

Dit lyk my hierdie bisarre verskynsel dompel ons in ‘n ongewone gevoel, nie kenmerkend van ongelukke nie, maar in die skerp sensasie van menslike magteloosheid.    In tye van oorlog, is daar krag; in tye van siekte, is daar genesing.  Teen die aardbewing is daar niks.  Hieroor is daar geen redenering nie.  Elke wese is ‘n lydende vlugteling; elke mens is bedreig, onder sy eie dak, onder sy eie bed – dié laaste twee, die ergste van hierdie aardekrisis.  Dit is onmoontlik om huis toe te gaan — jy’s ‘n wandelende dier, verlore, angsbevange, vlugtend en daar’s vars angs. 

 

Die twee swaar besnorde mans …  die toonaard van wat hulle skryf is anders, om die minste te sê.  Terwyl Nietzsche wil hê dat ons hom as buitegewoon aanskou (“asof ek ‘n bivak deursoek”), dring Maupassant die nagmerrie binne sodat ons die ekstreme aard van die ervaring in ons vlees kan aanvoel.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Oktober, 2019

 

Bronne

Nietzsche et Maupssant :  Témoins du Tremblement de Terre de 1887, deur André Peyrégne. #Nous, Nice-Matin, 4de Mei, 2019  

Wikipedia : Nietzsche, De Maupassant

 

Beelde

De Maupassant – wikipedia

My tekeninge

 

Kyk ook

Guy de Maupassant,  5.6.2019

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: