Aardbewing, Nice, 1887 – die skrywer as getuie

Eerste in ‘n reeks van twee

Dit was amper sesuur die oggend, nog donker, nog koud, met die laaste karnivalgangers wat die stad se karnival vaarwel bied, toe die kerkklokke begin beier, mense begin skree en die onaardse gerommel die nou strate van die stad se oudorp begin vul.  Almal voel dit.  Die aarde skud.

‘n Dag daarna het Friederich Nietzsche (1844-1900), die bekende Duitse filosoof wat baie in die Côte d’Azur kom kuier het, sy getuienis oor die gebeurtenis gelewer.

Gister het Nice die internasionale karnival afgesluit en sesuur in die oggend word daar aan ons ‘n nuwe vorm van vermaak opgedis.  En dié sjarmante storie wat skielik dreig om ons almal te oorval.  Dis ‘n vreemde gevoel om hierdie ou geboue te ervaar as die kraak van ‘n koffiemeul.  Om die inkbottel op die tafel alleen te sien dans, terwyl die strate vol halfgeklede  vlugtelinge is, angsbevange.  Buite, sien ek spanne kêrels wat hulle na die plekke met die grootste paniek haas.    

Die bevolking is nou in die ope lug uitgekamp:  ek loop rond asof ek ‘n bivak in die leer deursoek.  In die gedeeltelik-gevalle hotelle, kry ek mense wat ek van weet.  Onder bome, lê mans en vrouens digtoegedraai (want dis ‘n wolf se koue, dié) en wat kerm met die geringste ruk van die aarde.

Rare fotografiese beeld van die puin in 1887

En dis nou ‘n ding:  om vir die buitelanders te besluit of hulle ooit weer plek sal neem om die tafels van dié hotelle.  Hulle eet en drink sommer in die ope lug.  Afgesien van ‘n vrome ou dame wat ferm oortuig is, dat die Liewe Here háár nie sal seermaak nie,  bly ek self dapper onder hierdie gespanne, angsbevange senuweestelsels.  

Die lewensverlies op die Côte d’Azur was gering – vier sterftes en ‘n aantal beseerdes.  Op die Italiaanse skiereiland het die sterfgetalle die hoogte in geskiet, iets wat ons weer in die afgelope paar jaar gesien het.  Maar oubaas Nietzsche self … nogal doodluiters oor die hele saak.  Dalk het hy gepoog om sy stellings oor die Übermensch tussen die bouvalle uit te leef:  dit wat my nie ombring nie, maak my sterker.

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Oktober, 2019

 

Bronne

Nietzsche et Maupssant: Témoins du Tremblement de Terre de 1887, deur André Peyrégne. #Nous, Nice-Matin, 4de Mei, 2019  

Wikipedia : Nietzsche, De Maupassant

Beelde

Nietzsche – fineartamerica.com

Nietzsche et Maupssant: Témoins du Tremblement de Terre de 1887, deur André Peyrégne. #Nous, Nice-Matin, 4de Mei, 2019 

Cahn 1976

 

N.a.v. Nietzsche, kyk ook    Eze, egoo’s in eggo’s  26.2014

Wanneer die aarde skud  28.4.2014  –  getuienis van ‘n kontemporêre skudding deur ‘n Suid-Afrikaanse skrywer

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: