Argitektuur – die Nasionale Kultuur-Historiese Museum, Seoel

Vanaf 1945 het die Suid-Koreane, na 35 jaar onder Japanese kolonisering, hulle identiteit deur hulle patrimonie herwin.  Daar is talle museums in Seoel, vanaf die Museum van die geskiedenis van die stad Seoel tot die Museum vir Kontemporêre Kuns waar ek ‘n uitstalling van oor die 30 Van Gogh-oorspronklikes gesien het.  Die hoogtepunt van hierdie proses is seker die Nasionale Kultuur-Historiese Museum in Yangson, Seoel, wat die Koreane trots beskou as die middelpunt van hulle kultuur.  Die gebou alleen was ‘n openbaring vir my.

Ek het gesoek maar nêrens die naam van die argitek(te) in die hande gekry nie.  Wat ek kon vasstel, is dat dit ‘n Koreaanse ontwerper was en dié is sterk onder die invloed van Renaissance argitektuur in Europa, veral die beginsels van Vitruvius wat die sirkel en die lyn as die basis van ontwerp verklaar het.  (Leonardo da Vinci wou poog om die mens se liggaam oor dieselfde kam te trek met sy beroemde tekening van die Vitruviese Man.)

Die kontras tussen hierdie gebou en die kruldaktradisie van die Ooste is amper verbysterend.  Hier is die Poort wat die twee dele van die Museum koppel:  die een deel, kultuurskatte, en die ander, ‘n teater.

Die ontvangsaal.

Die glasdekking van hierdie ruim is indrukwekkend.  Die geronde ontwerp is die rondste ding in die hele gebou!

Die oopdakontwerp bring lig na die beige-grys binneshuis.

Hier sien mens ‘n fyn booglyn wat amper in die strak lyne van die verskillende dele van die Museum verdwyn.

Uiteindelik kom ek op hierdie drie verdieping-pagoda af, die grootste argitektuurlike kontras in die Museum.

Die gebou is vir my die strakste stelling van modernisme wat ek nog gesien het, terwyl deur Seoel sien mens al hoe meer ontwerpe van post-modernisme, ontwerpe wat meer speels is.  Tog is hierdie gebou met al sy kulturele skatte treffend.  Dit is in 2005 oopgestel.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Oktober, 2019

 

My foto’s

 

 ‘n Hamlet-poster vir die teaterdeel van die Nasional Kultuur-Historiese Museum

 

Straatligte in die tuine van die Museum

 

 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: