Barbara Hepworth, beeldhouer

Beelde dien meermale as spieëls vir ons:  ons sien daar wat verband hou met wat binne ons aangaan.  Met abstrakte beelde word hierdie proses nog meer vloeibaar en vir my meer opwindend.  Barbara Hepworth (1903-1975) se werk as modernis is amper alles abstrak en hier kan mens eintlik speel.  Is daar “mense” in dié vorme teenwoordig?  Gee sy gestalte aan gedagtes en gevoelens?  Sy praat van “die spanning tussen vorme”.  Ons kan iets met die woord spanning doen.

Hepworth, 1964, Galerie Maeght, St Paul de Vence

Ek het by hierdie Hepworth tyd deurgebring.  Dit is so te sê mensgrootte en dit stem mens tot gedagtes.  Is daar spanning tussen die twee openings in die vorm?  Hepworth was lewenslank met die beeldhouer Henry Moore bevriend en daar word gesê dat hierdie openings in die vorme van sy werk haar invloed is.  By Hepworth sien mens ook Moore se stelling dat, as jy modernistiese beeldhouwerk wil verstaan, hou ‘n rivierklip in jou hand.  Die gapings, dan …  Wat sê hulle?

Hepworth 1960

Laat ek speel.  Is dit ‘n moeder se hart?  Hepworth self het in 1934 aan ‘n drieling geboorte gegee.

Hepworth 1935

Is dit ‘n dialoog tussen vorme in die baarmoeder?

Hepworth 1960

Is dit gedagtes?  Gevoelens?  Gedagtes én gevoelens?

Hepworth 1957

Is dit weerloosheid?

Hepworth 1959

Is dit moeder en kind?

Hepworth 1937

Helder gedagte?

Daar sal dié wees wat my kwalik neem vir my speletjie en verwag seker dat ek in akademiese terme hieroor praat.  Laat hulle dit doen.  Daar is vir my ‘n groter betekenis in my eie response.  En wat so interessant is, more sien ek iets anders.  Uiteindelik is kuns vir mense en werk met ons gedagtes en gevoelens.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

September, 2019

 

Bron

Wikipedia Barbara Hepworth

 

Bronne en Beelde

My foto

Michael Shepherd:  Barbara Hepworth.  Methuen, 1963.

 

 

Kyk ook op Loertoer

Drie beeldhouwerke, 13.03.2019

 

 

 

 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: