BIOT –  ‘n bros ervaring

Ek was nie mal oor glas as kunsmedium nie.  Die paar keer, raar moet ek sê, wat ek juwele gesien het, het ek robyne en jaspis bo diamante verkies.  My besoek aan Biot het dié koers in ‘n aanrigting gehaas.

Ek het in Murano, ‘n voorstad van Venisië, ‘n glaswerkswinkel besoek, maar ek moet bieg:  ek was meer met die glasblasers behep as met die glas in hulle hande  –  dit was ‘n gemeenskap van ortodokse Jode, lang swart hoede, lang swart krulle, in die middel van die glasblasery.  Ek kon my verkyk.  A, Shylock, het ek gedink.

Biot was anders.  Dit is ‘n dorpie sowat 60 km noordwes van waar ek is, ‘n Middeleuse vesting soos die meeste dorpe hier is, aan die voete van die Voor-Alpe.

Met ander toeriste, is ons gefassineer deur die glasblasers wat aan ‘n paal die glas uit die oond ruk, blaas, op ‘n bank rol, sny, vormgee, met verbysterende vernuf.

 

In die museum waar daar ‘n uitstalling van kunsglas was, verbied hulle ons om foto’s te neem.  Maar in die winkel self het ek laat waai.

 

 

 

 

 

Natuurlik is Murano meer bekend, selfs beroemd, en Venisiese glas is gesog.  Tog was ek met die glaswerk van Biot beïndruk en die ervaring het my die glasmedium anders laat sien.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

September, 2019

 

My foto’s

 

 

 

 

 

Tagged: , ,

One thought on “BIOT –  ‘n bros ervaring

  1. […] via BIOT –  ‘n bros ervaring — Loer Toer […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: