Wat die kunstenaars sê

 

Ons weet wat kunstenaars doen.  Wat hier volg, is wat hulle voel, wat hulle glo, wat hulle sê.  Die grafieke tussenin is beroemd, maar niemand weet dit nie.

Ons verkeer in ‘n reënboog van chaos  –  Cezanne

‘n Enkele dag is genoeg om ons groter te maak  –  Klee

Dit is jou plig in die lewe om jou droom te red  –  Modigliani

Argitektuur is beeldhouwerk waarin jy woon  –  Brancusi

Dit is ná jy jou tande verloor het wat jy ‘n biefstuk kan bekostig  –  Renoir

Wanneer ‘n berg nie luister nie, stuur ‘n gebed aan die see  –  Twombly

 

Niks is oud, niks is nuut, behalwe die lig van genade waaronder die hart van ‘n mens klop  –  Roualt  

Elke goeie kunstenaar skilder wat hy is  –  Pollock

Om te skep verg durf  –  Matisse

Die pyn gaan verby, maar die skoonheid bly  –  Renoir (respons aan Matisse toe hy vra waarom Renoir skilder ten spyte van die smartlike artritis)

Die waarheid is soos vuur; om die waarheid te vertel, is om te gloei en brand  –  Klimt

Daar is meer mag om min te sê as om alles te sê  –  Rothko

Kuns is soos ham  –  dit voed mense  –  Riviera

Foute is amper altyd heilig van aard. Verstaan hulle mooi –  Dali

Die kern is om bewoë te wees, om lief te hê, om te hoop, te bewe, te lewe  –  Rodin

Kuns is óf plagiaat of revolusie  –  Duchamp

Ons word klein in ons poging om groot te word  –  Hockney

Kuns is die leuen waardeur ons die waarheid leer  –  Picasso

Die kuns behoort soos ‘n vakansie te wees:  iets om jou die geleentheid te gee om dinge anders te sien en om jou sienspunt te verander  – Klee

My wens vir jou is dat jy jouself ondersoek en ‘n wonderlike uitsig oor die lewe vind terwyl jy nog lewe  –  Kusama

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

2019

 

Bron

‘n Verbygaande pos op Facebook wat ek op sigswaarde neem

Beelde

My grafieke (gepubl RotsWolk-uitgewers, Kaapstad) 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: