Anseong – ‘n ongewone fabriek

Tweede in ‘n reeks van twee

Op die terugtog van die poppeteater, ry ons ‘n fabriek verby en ek vra of ek vir ‘n rukkie daar kan loop afneem want ek kon dadelik sien —  hier gaan interessante dinge aan.  Mev. Lee stem in.

Die plek was seker vir beeldhoukunstenaars wat kommissies vir mense en instansies doen.  Met die ingaan sien ek sien dadelik beelde wat in ‘n Christelike kerk sou staan.

 

Daar was ook Stasies van Kruis in aanbou en ek is jammer ek het hulle nie een vir een afgeneem nie.

Dié Boeddha-figuur het my opgeval met sy bindlint om die buik.

Buite in die uitstallingsdeel was daar tradisionele werk wat seker vir monumente in Suid-Korea bestem is.

Wat daar ook was, was die simbole van fallisme wat mens hier en daar in Suid-Korea te sien kry.  Daar bestaan nie die Westerse skaamte hieroor nie, eerder ‘n filosofiese trots.  Ek het in die Kulturele Museum in Seoel sulke simbole, uit rots gebeitel ook gesien, ‘n onbeskaamde deel van Koreaanse simboliek.

“Dit is nie ‘n pyp nie”

Wat die meeste vir my beteken het, was die beeldhouer met sy boorapparaat in die fabriek self.  Ek kan nie mooi sê nie waarom hierdie oomblik wat ek afgeneem het, steeds by my spook.

 

(c) Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Augustus 2019

 

My foto’s

 

 

 

Advertisements

Tagged:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: