Anseong – poppeteater

Eerste in ‘n reeks van twee

Die uitnodiging om die poppeteater in ‘n naburige dorp by te woon kom van ‘n kollega, Mev. Lee (Is daar ander vanne in Korea?).  Die dorp is noord van Daeso waar ek was en het ‘n tradisie van ten minste ses honderd jaar van poppespel asook maskerteater.

Die omgewing van Anseong het my aan die Wes-Kaap laat dink, met wingerde en boorde.  Die sentrum waar die amfiteater was, het ook ‘n kunsgalerei,

‘n elegante restourant

en ‘n informele tuin.

Dié informaliteit van die tuin is kenmerkend en is regstreeks in kontras met die Japanese tradisie van fyngeknipte tuine.

Die naam van die poppespelgeselskap was vir my oordonderend: Namsadane Baudeogi Pungmul wat ook dui op ‘n uitsluitlike tradisie van mans alleen wat skelm in die moderne tydperk verander het.  Daar was bronsfigure wat hierdie tradisies uitbeeld.

 

Die amfiteater se sitplekke was gou vol gesinne, kinders en grootmense, sowat 250 mense.

Die opvoering self was so te sê ‘n uur lank, en begin met die inmars van vier musikante in tradisionele drag tesame met die seremonieleidster, ‘n sjarmante jong vrou wat (blykbaar) die verhaal en die poppe voorgestel het.  Die instrumente was tromme, simbale en fluite.  Die musiek alleen was fassinerend.

 

Toe verskyn die poppe, een vir een, op die swart fluweel verhoog en hulle begin redekawel met die jong dame.  Dit was groot vermaak vir die gehoor, veral toe een van die poppe vir haar slegsê en sy gaan aan ‘t huile.

Ek is later ingelig dat die verhaal, met sy verskillende karakters, oor ‘n groot familie handel met twee vroue wat voordurig met mekaar baklei, verbaal én fisies.  Blykbaar is dit ‘n oeroue tema in Oosterse teater.

Die dialoog is gepraat, gesing-praat en gesing.  Musiek het die tussenposes gevul.  Aan die einde van die storie is daar ‘n oomblik toe een van die karakters homself ontbloot en met ‘n trotse straal van die verhoog af pie.  Dit was skreeusnaaks vir die gehoor.  Ek het gewonder oor die tegnologie hiervan:  was dit iets wat Samsung teweeg bring?  Jy weet, hulle is ‘n veelsydige maatskappy.

Ek is jammer ek het maskerteater by Anseong misgeloop, maar die poppeteater bly by my.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Mei, 2019

 

Met dank aan Mev. Lee

 

My foto’s

 

Suid-Korea

Advertisements

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: