Die lig deur kleurvensters

Tweede in ‘n reeks van twee

Die brandglasvensters by Notre-Dame de la Pinède was ‘n openbaring vir my — die kleure en style.  Die Gaudin-vensters was diepte stellings met skeppende durf.  Die opsigter (ek neem aan dit was nie ‘n priester nie) kon my nie inlig wie die ander kontemporêre vensters ontwerp het nie.  Maar die vensters van die Doopnis is onderteken met die naam van die kunstenaar en die geboortedorp.  ‘n Interessante kontras was die vensters met tradisionele inhoud en vorm, maar ek het ‘n spesmaas hulle is in die 20ste-eeu ontwerp.

Die vensters in die Doopnis het abstrakte ontwerpe, voorwerpe vir meditasie.  Die kunstenaar is J. Bassinot van Nancy.  Ek is nie seker nie, maar ek meen ek sien die motief van die kruis in elk van die drie ontwerpe.

 

Die vensters met kontemporêre ontwerp in die hoof deel van die kerk was anders as dié in die Chapelle de la Rosaire, met geen klaarblyklike mensfigure, maar word gekenmerk aan hulle ryk vloeiende kleure.

Die vensters met tradisionele ontwerp was van spesifieke mense in die geskiedenis van die kerk, gebeure en blom- en blaarmotiewe.

 

Afgesien van die brandglasvensters, het Notre-Dame ongewone voorstelle van die Stasies van die Kruis, ‘n reliëf van die Laaste Avondmaal aan die altaar onder ‘n merkwaardige koepel ontwerp met treffende eenvoud.

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Julie, 2019

 

My foto’s

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

2 thoughts on “Die lig deur kleurvensters

  1. Huldah van Wyk July 24, 2019 at 1:12 pm Reply

    Dankie vir die mooi fotos..daardie abstrakte vensters is fantasties!

  2. Will van der Walt July 24, 2019 at 3:34 pm Reply

    Dankie, Huldah. Ek sien af en toe sulke plekke. Ek het nog poste hieroor. Om te dink: die vuur by Notre Dame in Parys het van die mooiste vensters ter wêreld verinneweer …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: