Die lig deur kleurvensters

 Eerste in ‘n reeks van twee  

Moderne brandglasvensters lok my alweer aan en ek vind my op die bus wat my oor die Cap d’Antibes na Juan-Les-Pins, die buurstad, neem.  Die kerk is Notre-Dame de la Pinède, in 1899 gebou en in 1900 ingewy.  Ek deel die Gaudin-vensters in dié pos en die ander vensters in die tweede pos.

Notre-Dame de la Pinède, Juan Les Pins

Daar was oor die jare verbeteringe aan die kerk en toe kom die grootste geskenk van die brandglaskunstenaar, Pierre Gaudin.  Hy het die Chapelle de la Rosaire aan die Maagd Maria gewy en die werk is in 1967 voltooi.

Chapelle de la Rosaire

Ek moet bieg dat ek van die werk met moeite verstaan het.  Van die ontwerpe is abstrak.  Die sentrale venster van die sewe, is aan my gesê, gaan oor die Misterie van die Aaneming van Maria.  (Eng – Assumption)

 

Dié venster, meen ek, handel oor die aanloop tot die kruisiging.

Aanloop tot die kruisiging

 

Hier is die oomblik wanneer die spyker die hand penetreer.  Ek moes daarvoor soek.

 

Dié handel oor die Magnificat, die lofsang van Maria tydens haar besoek aan Elisabet, haar nig.

 

Dié venster beeld ‘n insident uit die Bybel wat my ontgaan.  Kan dit dalk die Skeuring van die Tempelvoorhangsel wees?

 

Ek meen dat dié twee hande deel was van die Magnificat-venster wat ek nie saam afgeneem het nie.  Hulle was vir my besonder treffend.

 

Met gewyde musiek in die kerk terwyl ek daar was, was die ervaring besielend.  Die kontemporêre kunstenaar betree ‘n wêreld van onsekerte en daar word uit wroeging geskep.  Tog is dié werk wat ek ervaar het, vol innerlike krag en kleur en is vir my ekspressief skeppend.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Julie, 2019

 

Bron

Pierre Tosan (ed.) : Dictionnaire d’Antibes Juan-Les-Pins.  Hepta, Antibes. 1998.

 

Beelde

My foto’s

 

 

 

Advertisements

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: