Rodchenko, kunstenaar

Ek sien nou die dag ‘n omslag van The Economist wat gebruik gemaak het van ‘n ontwerp deur die Russiese kunstenaar Alexander Rodchenko (1891-1956).  Dit is ‘n ontwerp uit die 1920s wat vandag nog net so skerp is.  Dit het vir my die era ná die Bolsjewieke Revolusie in 1917 herroep, toe daar, deur die ideologiese warrelwinde, ‘n uitbarsting van skeppende aktiwiteit was, soos selde voor of ná daardie tyd ervaar is.

Rodchenko se poster, 1920s.  Dit lyk asof die model sy vrou Varvara was.

Met film was dit Eisenstein.  In die teater was dit Meyerhold.  Met musiek was dit Prokofiev en Shostakovich.  In skilderkuns, grafieke, beeldhouwerk en fotografie was dit Rodchenko.  Die jammerte was dat politieke leiers, Stalin, onder andere,  was nie verdraagsaam teenoor kuns wat nie duidelik die dominerende ideologie weerspieël het nie, om dit sagkuns te stel.

“Dans”, Rodchenko, 1915

Rodchenko was nie net ‘n veelsydige kunstenaar nie;  hy was ook ‘n ikonoklastiese teoris in die gees van Modernisme.  Hy het geglo hy moet “teen kuns” werk om by ‘n estetiese raamwerk uit te kom, wat van alle tradisies wegbreek.

Rodchenko poster vir die Russiese film Strydskip Potempkin

As ons nadink oor wat Rodchenko bereik het, sien ons een van die groot wegbrekers.  Ons soek met moeite of tevergeefs na ‘n ander kunstenaar wat so veelsydig was, wat elke medium omhels het, met skeppings wat verbaas.

Komposisie, Rodchenko

Sy vrou Varvara Stepnova was self ‘n merkwaardige talent.  Dit is ‘n onderwerp vir ‘n ander dag.

Rodchenko, 1935

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Julie, 2019

 

Bron

Wikipedia Alexander Rodchenko

 

Beelde

The Economist

Artsy.net

Wikipedia

postercrazy.com

fineartamerica.com

theartstory.org

alarmy

Pinterest.com

 

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: