Pagodas, gewyde stapels

Eerste in ‘n reeks van twee

Ek het af en toe van pagodas in die omgewing van tempels in Suid-Korea bewus geword.  Die argitektoniese geskiedenis van hierdie konstruksies kom uit die oertye en hulle word in een vorm of ander dwarsdeur Asië gevind — Indië, Suid-Asië, China, Japan en Korea.  Daar word gesê dat dit oorspronklik deel was van Taoisme en is vandag hoofsaaklik ‘n Boeddhistiese simbool.

Dit word met meditasie assosiëer, met die uitvoer van seker rituele en is tradisioneel die stoorplek vir gewyde voorwerpe.

Die Seogatap pagoda by Bulguksa, gebou 8ste-eeu a.d

Toe ek hierdie pagoda sien, was ek nie bewus van die geskiedenis nie.  My Koreaanse kollega het aangedring om hier afgeneem te word. Vir eeue, het ek later geleer, was dié pagoda van hout gemaak en seker met die vernietiging en plundering van die Japanese invallers in die 1590s, is dit eers in die 20ste-eeu met graniet herstel.  Daar word gesê dat die eerste houtblok drukskrif is in die tweede vlak van hierdie pagoda ontdek.  Ek is nie seker wanneer dit kon gebeur het nie en sal my verbaas as dit ná die 1590s was.

Om hulle patrimonie te beskerm, het die Koreane oor die jare besluit om pagodas van verskillende streke na die hoofstad te bring.  Ek is hier met een afgeneem maar, om die waarheid te sê, is ek nie seker of dit wel ‘n pagoda is nie.  Die vlakke, wat tradisioneel in ongelyke getalle is, lyk maar karig.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Junie, 2019

 

Bron

Wikipedia pagodas

Nota:  Ek noem die eerste houtblok drukskrif.  Daar is ‘n goeie saak dat die Koreane, seker onder die toesig van Chinese monnike, tagtig jaar voor Gutenberg in Europa die eerste beweegbare houtblokke vir drukskrif ontwerp het.

 

Beelde

My foto’s

 

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: