Avenue des Dames Blanches

Daar word gesê dat hierdie wêreld waardeur ons reis, nie van atome gemaak is nie, maar van stories.  Wat vir my mooi is, is dat ons skeppings en die waarheid deurmekaar dwarrel.

Jy sien ‘n naam van ‘n straat en jy wonder waar op aarde kon hierdie naam vandaan gekom het  —  kyk Kaapstadse Kromelbowlaan.  Minder dramaties (of absurd) is die naam Avenue des Dames Blanches wat ek in hierdie ou stad op afgekom het.

In Suid-Afrika sou so ‘n naam op ‘n spesifieke wyse ervaar word en daar sou interessante spekulasie hieroor wees.

Hier in Antibes se argiewe is die feite karig, tog tergend.

Dié straat (avenue) wat vroeër privaat was, is vernoem na twee dames wat hulle elke dag, winter of somer, wit geklee het — van kop tot tone: hoed, baadjie, gordel, rok en skoene.  Ek sou nie kon sê wat “privaat” in praktiese terme was nie en wanneer hierdie twee dames hulle naam daar gemaak het nie.  Dit kon twee eeue gelede gewees het; dit kon vyf eeue gewees het.   Dit is ‘n ou stad, dié.

Die argief noem dat hulle “nie sisters was nie”.  Beteken dit “nie uit dieselfde gesin, bloedverwant, nie”?  Of beteken dit dat hulle nie nonne was nie?

Dié Marthe en Henriette … die argief noem nie hulle vanne nie, maar sê tog dat hulle by die Chateau des Enfants met kinders op die Kaap van Antibes hulle bearbei het, onder die toesig van ene meneer Davidson, ‘n Engelse naam wat soos ‘n paal bo water staan.

Wat is die storie?  Was hulle tog aan een of ander klooster verbonde?  Was die wit kleding (tot die skoene!) om mense hulle te laat respekteer?  As daar om hulle gedrag bygelowe wat toe hoogty gevier het, ontstaan het, was dit deel van die strategie.  Was die wit kleding hulle verwering teen ‘n wêreld waar daar vir vroue min respek was?  Waar vroue meermale mishandel was?  Waar daar ‘n lang en steurende geskiedenis van summiere teregstellings van “hekse” deur waansinnige hordes is?  Ja, wit kleding, ‘n blakende stelling, is universeel die simbool van reinheid.

Ag, Marthe, Henriette … wie was julle?  Ek sien julle … sneeu beelde in ‘n sepia dorp … julle haas die loerende oë verby, met ‘n gesprek wat niemand ooit gehoor het nie.

 

Ek staan op die sypaadjie van die straat.  Mense loop haastig op en af, elkeen in hul eie weer.  Motors suis verby.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Junie, 2019

 

Bron

Pierre Tosan : Dictionnaire d’Antibes Juan-Les-Pins.  Hepta, Antibes, 1998.

 

Beelde

My foto

My tekeninge

 

Kyk ook in LoerToer

Twee straatname, 22.4.2017

‘n Straatnaam en ‘n gedenkplaat, 8.5.2019

 

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: