Guy de Maupassant, skrywer

Dit bly interessant — om te loop waar hulle geloop het, om te sien wat hulle gesien het, hulle wat die boeke ons van geleer het, die beroemdes.  In dié geval is dit Guy de Maupassant (1850-1893) die Franse skrywer, beskou as die voorloper van die moderne kortverhaal.  Sy roem en invloed is groot.

In sy kort lewe publiseer hy oor die 300 kortverhale, ses romans en drie reisjoernale.  Mense soos Nietszche en Tolstoy swaai hom die hoogste lof toe.  Die gevolg was dat hy hom ‘n seiljag gekoop het en die wêreld volgery het.  Antibes, waar sy broer gebly het, was wonderlik vir hom en ons word gesê dat hy baie daar gekom het.  Maar dit is juis hier, of na aan Antibes, in Cannes, waar die tragedie afgespeel gespeel het.

Les Remparts, Antibes

In die ensiklopedie van Antibes, sê hulle dat die verslag van die “verskriklike nag” kom van sy matroos, Bernard, wat die storie nie sonder trane kon vertel nie.  Saam met hom was François, die “valet”.  (Wat sou die ekwivalent op Afrikaans wees?) Die ensiklopedie beskryf dié François as ‘n “getroue man”.  Dit moes vir hulle gou duidelik geword het dat de Maupassant, al sy intellektuele talent en werksvermoeë ten spyt, ‘n erg depressiewe man was.  Die aanlyn biografie sê hy het aan sifilis gely en die ensiklopedie sê dit was neuralgie.  Hy het in elk geval gebruik gemaak van verdowingsmiddels wat nie juis die situasie verbeter het nie

Op die “verskriklike nag”, die tweede Januarie, 1892, gryp hy sy rewolwer, hou dit teen sy kop en trek die sneller … eenkeer … tweekeer, drie.  Seker omdat hy iets vermoed het, het François die koeëls vooraf verwyder. Maar dit keer de Maupassant nie.  Hy gryp sy skeermes en poog om homself keelaf te sny.  En toe, wat al baie in sulke gevalle gebeur het, bebloed en al-skreeënd, roep hy om hulp.  Hulle het hom gered, maar sy vermoeë om te skryf was daarmee heen, iets wat hy al ‘n tyd van bewus was.  Hy is hierna na ‘n gestig in Parys geneem waar hy agtien maande daarna oorlede is.  Hy was twee-en-veertig jaar oud.

Oor Antibes, skryf hy “Ek het nog nie iets so ongewoon, so pragtig gesien nie … Dié klein dorp wat die oop see binneval, te midde van die Groot Baai van Nice.  ‘n Reuse golf breek oor die voet van die vesting, en verskerwe in blomme skuim; en ons kon die huise op mekaar sien klouter tot die twee torings teen die lug, soos horings aan ‘n oeroue helm …”

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Junie, 2019

 

Bronne

Dictionnaire d’Antibes Juan-Les-Pins, red. Pierre Tosan.  Hepta, Antibes. 1998.

Wikipedia Guy de Maupassant

 

Beelde

Wikipedia Guy de Maupassant

Antibes – Antibes Juan-Les-Pins. Editions A.R.T. 1991.

Cap d’Antibes

As jy van die middel van die foto links beweeg, is jy in Juan-Les-Pins, die aangrensende dorp aan Antibes.  Hier is ‘n straat na de Maupassant genoem.  As jy van die middel regs beweeg, kom jy by die baai wat die “twee torings” waaoor hy skryf, is.  Die berge is die Voor-Alpe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: