Die standbeeld van ‘n digter

Tweede in ‘n reeks van drie

Die Oostenrykse Prinses Elisabet, bekend as Sisi,  het ‘n korrespondensie met Heine aangegaan.  Hou in gedagte dat Heine as radikale denker wat die aristokrasie omver wou gooi, word nou deur ‘n aristokraat gehuldig.  Sy self was eksentries, onvoorspelbaar en het met moeite haar edelrol gevul.  Haar briewe aan hom grens aan erotika.  Hier is ‘n voorbeeld.

Aan my meester / my siel ween, sy verheug haar, sy huil /  vannag was sy een met jou siel / sy is so intiem, so fors vasgehou. /  Jy druk haar teen joune met vuur /  Jy het haar bevrug, gevul met geluk./  Sy sidder en beef weer, al is sy kalm.

Heine is in 1856 oorlede.  Hy was 59 oud.  Sisi het in 1873 die Deense beeldhouer, Hasselrüs, aangestel om ‘n standbeeld van Heine te skep.  Sy het gou ontdek dat die stadsvaders van Düsseldorf niks met die beeld te doen wou hê nie.  Inteendeel, die beeld was in gevaar van vernietiging.

Heine in 1851, oud en siek

Die standbeeld is toe in 1892 na die familie-chateau in Korfu, Griekeland, vervoer, waar dit jare in die tuine gestaan het.  Sisi het saans, snags, by die voete van die beeld gesit en geglo dat sy met Heine se gees kommunikeer.  Sy sê sy verse op, dit wat haar aan haar kinderjare in Duitsland laat dink:  “Ek het altyd ‘n vaderland gehad.  Die eike, so hoog, die viooltjies wat knik.  Dit was ‘n droom.  Gekus deur Duits, en op Duits gesê, die woorde, ‘Ek is lief vir jou’.  Dit was ‘n droom.”

Tragies, het sy in 1898 in ‘n sluipmoord deur ‘n anargis haar lewe verloor.

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Mei, 2019

 

Bronne

La Statue du poète Heine « Réfugiée » à Toulon, deur André Peyrègne. Nous, Nice-Matin. Februarie, 2019

Wikipedia Elizabeth Austrian empress

My vertaling van die gedig uit Frans 

 

Beelde

Wikipedia  Elisabeth, Heinrich Heine

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: