‘n Straatnaam en ‘n gedenkplaat, Antibes

In ‘n dorp soos Antibes, drie duisend jaar van geskiedenis wat ons van weet, sal daar straatname wees wat die oog vang en dan ook gedenkplate.  Die twee wat hier genoem word het ‘n redelike onlangse oorsprong.

Dié naam, by ‘n busstop naby ‘n verkeersirkel, interesser my.  Ek doen bietjie navorsing.  Dié Diables Bleus (Blou Duiwels) is ‘n genootskap van Alpynse jagters wat al in die 19de-eeu gestig is.  In die Eerste Wêreldoorlog, is die naam uitgebrei tot kompanjies van Franse soldate wat die bewondering vir hulle veglustige gees van hulle Duitse vyande gewen het en, natuurlik, die blou uniforms.  In Grenoble is daar ‘n monument wat die Diables Bleus eer.   Die naam vir die busstop en verkeersirkel is in 1963 deur die Stadsraad van Antibes verklaar.

‘n Houtskooltekening van die Diables Bleus tydens die Eerste Wêreldoorlog

‘n fantasie-poster uit die Eerste Wêreldoorlog

Die tweede naam, ‘n gedenkplaat, ook met die Eerste Wêreldoorlog gekoppel, het my as Suid-Afrikaner in ‘n Franse omgewing getref.  Dit is ‘n eerbetuig aan Generaal Charles Alexis Vandenberg.

“Ici est né le 20 janvier 1858 le General VANDENBERG Commandant de Corps d’armée pendant la Guerre 1914-1918 Gouverneur du Grand Liban Grand-Croix de la Légion d’Honneur”

Gebore in 1858 in die middeleeuse buurt van Antibes, het hy as jong man gou opgang in die militêre wêreld gemaak, veral in Bretagne, ver van sy geboorte dorp.   Hy is in 1915 tot generaal bevorder en beleef die afskuwelikhede van Verdun. Ná die oorlog, ontvang hy die Légion d’Honneur, die hoogste erkenning van Frankryk.  In 1926 is hy bevorder tot die Goewerneur van Libanon in die Middel-Ooste.

Die naam Vandenberg is Vlaams of Hollands en ek word weer getref hoe geïntegreer die wêreld oor die afgelope eeue geword het.  Die van van ‘n onlangs president in Frankryk … François Hollande.  En nog ‘n onlangse president, Nicolas Sarkozy.  Wikipedia vertel ons dat Sarkozy, in Parys gebore, ‘n helfde Hongaars Protestant is, ‘n kwart Grieks-Joods, ‘n kwart Frans-Katoliek.  Dalk is Charles Alexis Vandenberg se geskiedenis eenvoudiger.  En laat ek nie my eie eksotiese geskiedenis vergeet nie – ‘n Vlaams-Hollandse van tussen die name van die Grikwa-Tswana-Khoi-San van suidelike Afrika.

© Willem van der Walt  (Vanderwalt?) 

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2019

 

Bron

Pierre Tosan : Dictionnaire Antibes Juan-Les-Pins. Hepta-Antibes, 1998.

Wikipedia Sarkozy

 

Beelde

My foto 

Diables Bleus – YouTube,  Eerste Wêreldoorlog poster

Vandenberg – fr.wikipedia

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: