Strandfront, Nice

Dit is die strand aan die Promenade des Anglais in Nice.  Ons beny hulle nie die klippe en die flou golwe nie.  Die “Anglais” (Engelse) kom al van die 1770s na die sondeurdrenkte Nice van onder hulle oortrokke hemel.  Hulle het op ‘n streep gekom, die aristokrasie, en selfs Konining Victoria was mal oor die plek.  Tydens die besetting van die Duitsers in die oorlog is hierdie strand teen die einde ene landmyne wat na die bevrying deur Duitse krygsgevanges skadeloos gestel is, nie sonder lewensverlies nie.

Vroeg op ‘n helder wintersoggend is die denker by die see eenling.

Dié ou kêrel was verbaas en gevlei toe ek hom vra of ek ‘n foto kon neem.  Toeriste is vreemde skepsels.

Hierdie kunswerk op did Promenade is seker ‘n ironiese stelling oor wat belangrik is in dié deel van die wêreld.

Verder, word die Promenade des Anglais die Avenue des Etats-Unis.  Hier maak die helder son silhoeëtte van die stappers.

Die stadsvaders en -moeders het seker vroeg in die 20ste-eeu besluit dat Nice ook ‘n moderne sy aan die stadsbeeld sou hê.  Die kuns van Bernar Venet maak ‘n groot bydra.  Hierrdie beeldhouwerk staan seker 20 meter hoog.

(c) Willem van der Walt

http://www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Mei, 2019

My foto’s

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: