Belle Époque argitektuur, Nice

 

Die vierde in ‘n reeks van vier

Dit was ‘n hoogtepunt vir my om die Marie Reine te ontdek, ‘n Belle Epoque hotel op die Promenade des Anglais, ‘n hanetree van die Negresco.

Die balkonne van die geronde fronthoek is ‘n uittreksel van die idioom.

Toe ek deur die glas van die voordeure loer, lyk dit my die plek is nie juis in gebruik nie, todat ‘n vrou verskyn en my wysgemaak het.  Die Marie Reine, ‘n meer flambojante voorbeeld van die styl, is ook deur Niemann ontwerp.  Sy vra my toe of ek belangstel om die plek te koop, wat toe vir my duidelik maak waarom die voorkoms rakelings verlate uitgesien het.  Ek sê nee; ek bekyk eerder die Negresco.  Sy sê my dat die Negresco se waarde, beraam ná die onlangse dood van die alleeneienaar, staan op €400 miljoen (Maal deur 16 vir rande).  Redelik, sê ek ongeërg.  Toe vra ek haar meer oor Marie Reine uit.

Sy wys op die versiering bokant die deur — ‘n motief van suurlemoene — wat sommer die hele gebou span.  Hulle verteenwoordig Menton, sê sy, die Suurlemoenstad aan die kus naby die Italiaanse grens.  Dit moes iets persoonliks vir die argitek gewees het.

Dan ook, was daar die merkwaardige vierverdieping boogvenster.

Ek kom van Kaapstad af waar etlike geboue elemente van die Belle Époque vertoon.  Dit mag wees dat mense soos ek wat plattelands grootgeword het, die Rococo en Belle Époque van Europa te veel vind.  Dit help my om die idioom in sy historiese verband te sien.  In my leeftyd is ek getuie vir die oorgang van Modernisme in die argitektuur na post-Modernisme.  Dié neiging na vernuwing in Westerse kultuur vier ek, bewonder ek, dit wat met die Belle Époque so hartstogtlik uitgevoer word.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2019

 

Bronne

Michel Steve : L’Architecture Belle Époque à Nice.  Demaistre, Nice. 1995.

Wikipedia Belle Époque

 

Beelde

My foto’s

 

 Dié beeld is in 1927 deur Raoul Dufy geskilder.  Die naam is Le Casino de la jette en hierdie juweel van Belle Epoque qrgitektuur, dalk die mees treffend in Nice, is deur die besettende Duitsers tydens die oorlog vir die staalbron vernietig.

Hier is ‘n skildery van Le Casino in 1890.  Die besrkywing onderaan is La jette Promenade , Le Monument de Centenaire.   

 

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

2 thoughts on “Belle Époque argitektuur, Nice

  1. Mirinda Savage April 25, 2019 at 7:51 pm Reply

    Wil, goed om te sien jy doen nog steeds waarvoor jy lief is. Groete uit die Wes Kaap.

  2. Will van der Waltwill van der walt April 26, 2019 at 10:30 am Reply

    Dankie, Mirinda. Ja, die blog hou my besig. Loer na my genesingsblog http://www.binnetoe.wordpress.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: