Notre-Dame de Paris, 15de April, 2019

Ek kon dit nie glo nie, nie toe die televisieprogram onderbreek word nie, nie toe die Franse president sy nasionale toespraak gekanseleer het. Nie toe ek die eerste beelde van die vlamme oor die dak van die katedraal sien.  Die begrip, die werklikheid, dat hierdie plek van alle plekke op aarde in puin gelê sou word … dit wou nie by my in nie.

Hierdie katedraal is 850 jaar gelede ingewy en ‘n duisend jaar gelede is die eerste stene gelê.  Daar was geslagte mense wat aan die katedraal gebou het en dit nooit voltooi gesien het nie. Notre Dame de Paris is van daardie tyd die middelpunt nie net van Parys nie, maar van die geestelike lewe van die Franse mense.  In die afgelope eeue word dit ‘n pelgrimsoord vir mense buite Frankryk en geleidelik word dit die plek wat deur die meeste mense in Europa besoek.

 

Ek is nie Frans nie.  Ek is nie ‘n Katoliek nie.  Ten spyte hiervan raak die vernietiging van hierdie Katedraal my diep.  Ek onthou in Februarie, 2008, in Suid-Korea brand die Suid-Poort af,  wat as nommer een in dié land se patrimonie beskou word.  Die emosionele reaksie oor die verlies sien ek weer in die gesigte van die mense wat aan die oewer van die Seine die vlamme beskou het.  Pyn te diep om te beskryf.

Op die internet sien ek die woorde van iemand wat sê wat is die bohaai oor ‘n gebou?  My reaksie, meen ek, was nie buite perke nie.  Dié vraag toon die persoon se totale onkunde van Europese geskiedenis, historiese simboliek, van argitektuur en kuns, veral brandglas vensters; oor wat dit beteken om ‘n gesteelike weg in die lewe te kies.  En dit toon monumentale onsensitiwieteit.

Notre Dame de Paris sal herbou en restoureer word.  Mense in Frankryk en die wêreld deur sal groot geestelike inspirasie hieruit put.  Wat verloor is, is weg.  Wat nuut is, sal plek vind in hierdie Katedraal.  En die verlammende triestigheid sal geleidelik vervaag, voor ‘n nuwe rykheid.

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2019

 

Beelde

Travel.earth

Aujourd’hui

Les Echos

Independent.ie

Forum Daily / BFMTV

Roos-venster – cnn.com

 

Op YouTube kan jy Garou die lied Belle hoor sing.  Dit kom uit die musiekspel Notre-Dame de Paris waar hy destyds die rol van Quasimodo gespeel het.  Ag-en-dertig miljoen ander het ook al geluister.  Dit help met gevoelens oor die Katedraal.   Vir my, is dit kartarsis.

 

 

 

Kyk ook op LoerToer

Suid-Poort, Seoel, 1.2.2018

Advertisements

Tagged: , , ,

One thought on “Notre-Dame de Paris, 15de April, 2019

  1. Lucia Wels April 23, 2019 at 12:52 pm Reply

    Baie dankie, Willem, vir ‘n aangrypende Loer Toer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: