Belle Époque argitektuur, Nice

 

Die tweede in ‘n reeks van vier

Westerse kultuur hernu van tyd tot tyd en die Belle Époque is ‘n voorbeeld.  Mme. Pompadour, die minnaar van Louis XV, vind die laat-Barok of Rococo oordadig, en taak haar argitekte om in Italië ‘n skoon lyn te loop soek.  Hulle keer met Neo-Klassisisme terug en dit word prominent vanaf die 1750s.  As boustyl het dit weerklanke tot diep in die 20ste-eeu.  Dit was die strakheid van dié idioom na 100 jaar wat die versierende element in Belle Époque bouontwerpe herroep het.

Dié kerk, St Jouan Baptiste, in die 19de-eeu opgerig, is ‘n voorbeeld van Neo-Klassisisme waarteen die Belle Époche reageer het.  Die naam Jouan is die Nice patois vir Jean.

Hier is ‘n 19de-eeuse gebou wat tussen die twee style staan.

Musée Massena is deur Tersling ontwerp en in 1899 gebou.  Dit word ook ingesluit in die Belle Époque, maar soos Michel Steve sê, dit is nie die beste voorbeeld nie.  Die geronde suilegang is seker waarop die status rus.  Die gebruik van die dubbel-suile bo die suilegang laat mens dink aan Palladio, die invloedryke Renaissance argitek.  Argitekte speel met die geskiedenis.

‘n Slangmotief handvatsel aan ‘n amfora in die Musée Massena-tuin.

Hotel Westminster

Hotel West End

Hotel Le Royal

Dié drie hotelle op die Promenade des Anglais, die strandfront van Nice, is in die Belle Époque gebou en toon wat Michel Steve die “hotel estetika” noem:  gee eer aan die idioom, maar pak soveel kamers as jy kan in die raamwerk.   As jy kyk na die name, is dit nie moeilik om te raai wie hulle teikenmark destyds was nie.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2019

 

Bronne

Michel Steve : L’Architecture Belle Époque à Nice.  Demaistre, Nice. 1995.

Wikipedia Belle Époque

 

Beelde

My foto’s

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: