Belle Époque argitektuur, Nice

 

Die eerste in ‘n reeks van vier

Dit was seker die vele Belle Époque geboue in Nice wat aangevoer het dat iemand in 1910 sou sê dit is die mooiste stad in Europa.  Dit maak die taak om daaroor te skryf uitdagend — vir dié wat gekwalifiseer is en vir dié, soos ek, wat ongekwalifiseerd is.

Hier is ‘n kykie na die versierende idioom wat Belle Époque genoem word, letterlik, die mooi epog.  Die styl floreer tussen die 1850s tot 1925.  Elders beperk historici dit tot 1914.  Dit was ‘n tydperk van optimisme, streeks vrede, wetenskaplike vooruitgang, kulturele vernuwing en inname van die kolonies.  Die naam van hierdie flambojante styl kon wel ontstaan he in teenwerking vir die afgryslikhede van die Eerste Wêreldoorlog.

Hier is die Negresco, seker die mees gesogte hotel in Nice en dié stad het ‘n geskiedenis van hotelle, 160 teen die einde van die 19de-eeu.  Dit is deur Niemann ontwerp en in 1912 opgerig.  Die koepel, ‘n weerklank van die Renaissance dom, is kenmerkend.  Die geronde hoekfront waar strate deursny, is ook kenmerkend.  Dié twee aspekte van die Negresco is, interessant genoeg, nie deur Niemann ontwerp nie, maar deur Gustav Eiffel (verwys Toring).

‘n Geronde hoekfront van ‘n gebou in Rue du Marechal Joffre.  Let die balkonne in die hoekfront.

‘n Juweel van ‘n gebou in die omgewing van Avenue Felix Faure.  Die balkonvensters is drieledig.

Die Crédit lyonnais (nee, dis nie ‘n tikfout nie; pols die Franse waarom daardie “l” klein is) was vir my een van die mees indrukwekkende geboue, met die ruim geronde fronthoek en glasdekking, bevredigend in die eenvoud.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2019

 

Bronne

Michel Steve : L’Architecture Belle Époque à Nice.  Demaistre, Nice. 1995.

Paul Castella : Splendeurs de Nice.  Editions Gilletta, Nice. 1991.

Wikipedia Belle Époque

 

Beelde

My foto’s

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: